Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Koeberg: Chloried ‘vreet’ beton

’n Chloried-neerslag is besig om die Koeberg-kernkragstasie se gewapende beton te “vreet”, maar Eskom sê hy is nou besig met opgraderings wat die kernkragstasie sterker as ooit sal maak.

Die Koeberg-kernkragstasie naby Kaapstad. Foto: Argief

“Eskom is ten volle bewus van die risiko van korrosie van siviele strukture by die Koeberg-kragstasie wat die gevolg is weens die ligging van die stasie,” sê die nutsmaatskappy Vrydag.

Die grootste kommer vir die kragreus by Koeberg is tans die afsplintering en verbrokkeling van die gewapende beton wat die kernkragreaktor en ander atomiese prosesse huisves.

Weens die korroderende aard van die seewater om die kernkragstasie moet Eskom nou opgraderings doen aan die beton om te verseker dat daar geen lekkasies of verbrokkeling van die insluitingsone geskied nie.

Hy sê daar is reeds hiermee begin.

Van die opgraderings sluit in die opknapping van die beton wat aan die water blootgestel is om te verseker dat die staal binne-in nie verswak nie.

Maar daar word nou ook gekyk na langtermynoplossings wat deur internasionale ingenieurs aanbeveel is.

Eskom reken die probleem is ten volle onder beheer. Hy het ook verskeie ander toetse van die insluitingsone gedoen om te bepaal hoe sterk die struktuur is vir indien ’n katastrofiese ongeluk sou gebeur.

Eskom is tevrede met die uitslae van die toetse wat aan internasionale standaarde onderhewig is, en sê die reaktor is beskerm teen enige gevaar.

Meer oor:  Koeberg  |  Kernkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.