Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Koko sê ABB wil hom sondebok maak

Die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, ontken die beweringe dat hy R6,4 miljard se kontrakte van die kragverskaffer aan die internasionale ingenieursfirma ABB beloof het.

Die Sunday Times het die naweek berig hy het die kontrakte aan ABB beloof indien ’n maatskappy, Impulse International, as subkontrakteur aangestel word vir die werk wat die firma by die Kusile-kragsentrale sou verrig.

'n Voormalige waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, hou vol hy is onskuldig.

Koko se stiefdogter Koketso Choma is ’n aandeelhouer van Impulse.

Lees: ABB by beweerde korrupsie met Eskom se Koko betrek.

Die inligting het glo vorendag gekom in dokumente wat ABB aan die Spesiale Ondersoekeenheid verskaf het.

Fin24 het berig Koko sê die beweringe oor korrupsie wat met ABB te doen het, hou eerder daarmee verband dat die maatskappy in ’n dispuut met een van sy internasionale mededingers is en die aandag wil aflei deur die blaam op hom te plaas.

Hy ontken hy het die R6,5 miljard aan ABB beloof, en sê daar is geen bewyse nie.

Koko se verontskuldiging kom te midde van nog aantygings by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping wat hom betrek by beweerde korrupsie.

Maandag het Gert Opperman, ’n bestuurder van ’n steenkool-eenheid van Eskom, gesê Koko het hom in 2015 twee keer telefonies opdrag gegee om steenkool wat nie aan standaarde voldoen het nie te aanvaar.

Koko ontken dit en sê hy het nooit vir Opperman opdrag gegee om swak gehalte steenkool van enige maatskappy te aanvaar nie.

“Ek dink mense is onder druk om ander te impliseer om staatskaping te regverdig.” – Fin2

Meer oor:  Eskom  |  Matshela Koko  |  Steenkool  |  Staatskaping  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.