Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kontrak van Eskom met Econ Oil tersyde gestel

Die kontrak wat in Oktober 2019 deur Eskom aan Econ Oil & Energy verskaf is, is vandeesweek deur die Suid-Gautengse hooggeregshof tersyde gestel.

Eskom
Hendrina-kragstasie is ongeveer 40 km suid van Middelburg in Mpumalanga. Die eerste eenheid is in 1970 in gebruik geneem en die laaste in 1976. Foto: Verskaf

Die kontrak vir die CORP 4786-tender wat die maatskappy gekry het, is deur die hooggeregshof hersien en tersyde gestel.

Die koste van die saak is aan Econ Oil & Energy toegewys, wat die aansoek deur Eskom teengestaan het.

Eskom het in Oktober 2019 die R14 miljard-kontrak vir die tender aan drie maatskappye toegeken, naamlik Sasol Oil, FFS Refineries en Econ Oil & Energy, om stookolie aan hom te verskaf.

Gedurende Januarie 2020 het Eskom se uitvoerende bestuurspan bewus geword van bewyse van onreëlmatighede en onwettige samespanning tussen sommige van sy bestuurslede en Econ Oil.

Dit was nadat André de Ruyter ná drie dae in die pos as uitvoerende hoof van Eskom moontlike onreëlmatighede in die kontrak bespeur het.

’n Forensiese ondersoek is begin, wat bewyse van korrupsie onthul het en dat die tenderprosesse deur Eskom-personeel en die bestuur van Econ Oil gemanipuleer is.

Die aansoek is daarna gebring vir die geregtelike hersiening van die kontrak om dit nietig te verklaar en tersyde te stel.

Regter Bashier Vally stem saam met Eskom dat die tenderproses met tasbare onreëlmatighede deurspek is.

“Die bestuur en implementering van die tender is bevlek met onreëlmatigheid en onwettigheid van die ergste graad, en kon onder geen omstandighede voortgaan nie.

“As die direksie behoorlik oor die aangeleentheid gedink het, sou hy geen ander keuse gehad het as om weg te stap van die uitslag van die onderhandelinge nie,” sê Vally.

“Die enigste regverdige weg vir ’n hof in ’n saak met so ’n wesenlike oortreding van die wet, is om dit te hersien en tersyde te stel.”

Eskom sê dit wys sy stryd om onreëlmatige en onwettige verkrygingspraktyke uit te wis, is geregverdig.

“Hierdie hofuitspraak is regverdig en die onwrikbare standpunt van die direksie en die bestuur is om Eskom se finansies en bedrywighede teen korrupte elemente te beskerm en sodoende die openbare beursie te bewaar,” sê De Ruyter.

“Aan die begin van 2020, toe ons die mandaat aanvaar het om hierdie onderneming te lei, het ons beloof om alle kontrakte te ondersoek en dié tersyde te stel waar bewyse van korrupsie bestaan.”

Hy sê hulle sal nie van dié belofte afstand doen nie, ongeag enige teenstand.

Meer oor:  Bp  |  Econ Oil  |  Sasol  |  Eskom  |  Tenderknoeiery  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.