Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Koop van noodkrag kruip nader

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het uiteindelik die nodige amptelike groen lig gegee vir die bou van 2 000 MW se noodkragvoorsiening.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.

Die sogenaamde art. 34-bepaling is Dinsdag in die Staatskoerantgepubliseer, vyf maande nadat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede aangekondig het dat die regering gaan ingryp om Eskom se beurtkrag met ekstra noodkragopwekking te verlig.

Mantashe se departement het al in Desember 2019 voorstelle uitgenooi vir noodkrag van 2 000 MW tot 3 000 MW, maar dit blyk die behoefte is nou tot net 2 000 MW verklein.

Die 2 000 MW moet voor Desember 2021 krag lewer. Die bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering baan nou die weg vir ’n tenderproses waardeur private onafhanklike kragprodusente kan aansoek doen vir kragopwekkingsprojekte, maar hulle sal verplig wees om die krag aan Eskom te verkoop.

Die departement van minerale hulpbronne en energie sal die verkrygingsproses vir die noodkragbronne behartig.

Mantashe het in Februarie gesê sy departement het 481 voorstelle uit die private sektor oor potensiële noodkragopwekking ontvang.

Dis darem nie net Mantashe se skuld dat dit so lank geduur het voordat die bepaling gepubliseer is nie. Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) moet ook deel van die blaam dra.

Rapport het vroeër berig dat Nersa byna ’n maand lank gewag voordat hy ’n openbaredeelnameproses oor die ministeriële bepaling begin het. Mantashe het al in Februarie die voorgestelde bepaling aan Nersa oorhandig.

Prof. Anton Eberhard, ’n afgetrede energiekenner van die Universiteit van Kaapstad se nagraadse sakeskool, het gesê Nersa wou eers allerhande onsinnige vrae vra oor die bepaling, soos of steenkoolkrag deel moet wees van die bepaling. Geen steenkoolkragstasie kan so gou gebou word nie, en sulke vrae is dus onsinnig, het Eberhard aangevoer.

Meer oor:  Nersa  |  Eskom  |  Gwede Mantashe  |  Elektrisiteit  |  Beurtkrag  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.