Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kort kennisgewing oor beurtkrag ontstel

Die kort kennisgewing wat Eskom Sondagaand aan verbruikers gegee het voor die  fase 2-beurtkrag  om 17:00 ingeskop het, het baie mense ontstel.

Die Tutuka-kragstasie naby Standerton in Mpumalanaga. Die kragstasie se eerste kragopwekkingseenheid is in 1985 in bedryf geneem en die tweede een in 1990. Foto: Verskaf

Die skielike aankondiging het gevolg nadat tien kragopwekkingseenhede binne 24 uur verloor is.

Beurtkrag geld tot Dinsdag om 22:00.

Die laaste beurtkrag was net ’n bietjie meer as ’n maand gelede.

Verbruikers het met ontsteltenis gereageer op die kort kennisgewing en die kritiek het ingestroom op Twitter.

Die bekende Eskom se Push-app het amper ’n halfuur later eers getoon daar kom beurtkrag.

Talle mense het in reaksie op Eskom se aankondiging skermgrepe van sy eie beurtkrag-webblad getoon wat foutief was.

Tien eenhede is by sewe kragstasies buite werking.

By die Tutuka-kragstasie is drie opwekkingseenhede verloor weens die verlies aan lugkompressors.

’n Eenheid van Majuba moes afgeskakel word terwyl ’n ander een uitgeskop het.

’n Opwekkingseenheid by die Kriel-kragstasie is uit bedryf geneem omdat ’n stoomketel gelek het.

’n Opwekkingseenheid by die Matla-kragstasie is ook noodgedwonge afgeskakel weens ’n stoomlek terwyl drie eenhede by onderskeidelik Medupi, Kusile en Duvha uitgeskop het.

Volgens Eskom kom dit neer op 6 044 MW wat binne 24 uur verloor is.

Dit het die totale onbeplande verlies aan kragopwekking op 16 118 MW te staan gebring.

Terselfdertyd is 4 171 MW buite bedryf weens beplande instandhouding.

Netwerk24 het onlangs berig ’n ontleding van beskikbare data oor Eskom se opwekkingsvermoë wys dat die maatskappy sukkel om genoeg krag op te wek.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Kragnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.