Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kraglose verkiesing dalk SA se voorland

Moontlike kragonderbrekings kan tydens die verkiesing dreig as die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) doen wat hy belowe.

Lede van die NUM verlede jaar in ’n betoging by die hoofkantoor van Gold Fields in Sandton, Johannesburg. Die vakbond beplan om in die week van die verkiesing in Mei voor Luthuli-huis te staak uit protes teen die moontlike ontbondeling van Eskom. Foto: Mpumelelo Buthelezi

NUM wil in die week van die verkiesing in Mei staak uit protes teen die moontlike ontbondeling van Eskom.

Die moontlike verkoop van ’n belang in Eskom, beplande herstrukturering en die verdeling van Eskom in drie afsonderlike ondernemings om sy geldsake te help regruk, is volgens die Hoëveld-streek van die vakbond bloot ’n ander naam vir privatisering.

“Die besluit sal tot aansienlike afleggings by Eskom lei,” sê Bizzah Malekutu waga Motubatse, adjunkvoorsitter van NUM se Hoëveld-streek, in ’n verklaring.

Eskom is om kommentaar genader, maar reaksie is nog nie ontvang nie.

Die spesiale raad van die streek het besluit om na Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor, op te ruk en om in die week van die nasionale en provinsiale verkiesings ’n omvattende staking uit te roep.

Die datum vir die verkiesing is nog nie vasgestel nie, maar aanduidings is dat dit in Mei gehou gaan word.

Vroeër vandeesweek is berig die ANC oorweeg voorstelle om ’n belang in Eskom te verkoop om kapitaal te kry, en om die staatsbeheerde kragmonopolie in drie afsonderlike sake-ondernemings te verdeel: ’n kragopwekker, transmissielyn-operateur en ’n plaaslike kragverspreider.

Eskom skuld banke nou al meer as R419 miljard, en die nasionale energiereguleerder (Nersa) hou tans openbare sittings oor Eskom se aansoek om sy tariewe met 15% per jaar te verhoog oor die volgende drie jaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het beloof ’n aankondiging oor hoe Eskom gered kan word sal binnekort, na verwagting tydens sy staatsrede volgende week, gedoen word.

’n Staking van die NUM en die metaalwerkersvakbond Numsa verlede jaar oor lone het Eskom byna verlam en tot ’n nuwe reeks landwye kragonderbrekings gelei.

Meer oor:  Nersa  |  Num  |  Anc  |  Eskom  |  Stakings  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.