Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragmeters dalk laaste strooi vir City Power

Meer as die helfte van City Power se voorafbetaalmeters lewer weinig inkomste en kan die kragverspreider in die ekonomiese hartland knak.

In die Alexandra-township is voorafbetaalmeters net 13% doeltreffend en City Power kry dit nie reg om die probleme op te los nie. Foto: Rosetta Msimango

Dit blyk uit City Power se jongste kwartaalverslag wat waarsku dat die organisasie gaan sukkel om sy verpligtinge op kort termyn na te kom.

City Power is ’n maatskappy van die Johannesburgse munisipaliteit wat dié stad se krag voorsien. Dis in 2001 opgerig.

Luidens die verslag werk die voorafbetaalmeters in gegoede dele van die stad, soos Randburg, baie goed. Dit is 90% doeltreffend, lui die verslag.

Maar in die Alexandra-township, waar inwoners die afgelope week oproerig was oor wat hulle as ’n gebrek aan dienslewering beskryf het, is daar chaos.

Die meters is net 13% doeltreffend en City Power kry dit nie reg om die probleme op te los nie. Hulle weet in baie gevalle nie eens waar presies die meters geïnstalleer is nie omdat daar nie volledige adresse aan die meters gekoppel is nie.

Volgens City Power bied gemeenskappe erg weerstand as tegnici wil gaan ondersoek instel na ’n moontlike gepeuter met die meters.

Onwettige aansluitings lei tot oorladings, wat die stelsel laat uitskop.

Derde van krag verlore
Byna 30% van die krag wat City Power aangekoop het, het verlore gegaan weens tegniese kwessies, kragdiefstal, foutiewe meters, gebrekkige data en proble­me met die rekeningstelsel.

Met die helfte van die boekjaar agter die rug, is City Power R1,4 miljard agter met sy geraamde inkomste uit kragverkope.

Die organisasie het ’n voorbelaste verlies van R914 miljoen vir die ses maande gerapporteer, pleks van ’n verwagte wins van R565 miljoen.

City Power se waarnemende finansiële hoof, David Matshe­ketsheke, sê in die verslag City Power se kontantvloei is onder druk. Die organisasie het R3,3 miljard se bedryfsbates, teenoor R7,9 miljard se bedryfslaste en ’n netto oortrokke rekening van R3,1 miljard.

Lael Bethlehem, voorsitter van City Power se direksie, sê ’n deel van die probleem is dat die organisasie weinig beheer het oor sy inkomste.

Die voorbereiding van kragrekenings, toepassing van die tarief, die uitstuur van fakture en die invordering van verbruikers se betalings is in die hande van die stad se finansiële afdeling, wat apart van City Power bedryf word.

“City Power het nie toegang tot die stad se datastelsels wat ons sou toelaat om ’n bydrae te maak om te verseker dat rekeninge korrek gelewer word nie,” sê sy.

Sy sê daar is al besluite geneem om verandering aan die situasie aan te bring, maar dit is nog nie geïmplementeer nie.

Meer oor:  City Power  |  Eskom  |  Randburg  |  Alexandra  |  Johannesburg  |  Kragonderbrekings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.