Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragnetwerk ‘onder erge druk’ ná eenhede uitskop

Beurtkrag is weer ’n sterk moontlikheid, het Eskom Woensdagmiddag gewaarsku.

Beurtkrag mag dalk Woensdag vir die eerste keer in 27 dae toegepas word. Foto: Pixabay

Die kragmaatskappy waarsku herstelwerk aan vyf eenhede by van sy steenkoolkragstasies sloer terwyl twee ander eenhede ook nou onverwags onklaar geraak het.

Eskom sit nou met 5 500 megawatt (MW) se opwekkingskapasiteit wat weens beplande instandhouding nie beskikbaar is nie, en ’n kolossale 11 000 MW wat weens onvoorsiene foute nie nou krag opwek nie.

Suid-Afrika verbruik tans sowat 32 000 MW op enige gegewe oomblik en nader aan 33 000 MW tydens spitstyd saans tussen 17:00 en 21:00.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, waarsku die kragnetwerk is onder “ernstige druk” en sal dalk vir die res van die week kwesbaar bly.

Eenhede by die Kusile-, Duvha- en Matimba-kragstasie sowel as twee eenhede by Tutuka was veronderstel om Woensdag weer te begin krag opwek.

’n Bykomende eenheid by Tutuka het Woensdag onklaar geraak terwyl daar ook by Kusile nog ’n eenheid afgeskakel moes word.

Suid-Afrikaners het 27 dae laas beurtkrag beleef.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.