Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragnetwerk ‘onder kwaai druk’

Skakel dadelik alle nienoodsaaklike toestelle, warmwatersilinders en swembadpompe af, vra Eskom in ’n dringende twiet Vrydagmiddag.

Volgens die kragverskaffer verkeer die kragnetwerk tans “onder baie erge druk”.

Daar is egter nog geen melding van dreigende beurtkrag nie.

Dit is deesdae bykans ’n daaglikse verskynsel dat Eskom rondom 17:00 waarsku dat sy kragnetwerk onder erge druk verkeer en Suid-Afrikaners vra om onnodige toestelle en ligte af te skakel om te help om die nasionale vraag na elektrisiteit te verlaag.

Eskom het laas op 15 Maart beurtkrag toegepas, maar het reeds gewaarsku dat minstens drie dae se kragonderbrekings hierdie winter verwag kan word.

Die vraag na krag het drasties afgeneem tydens die staat van inperking, wat reeds sowat nege weke lank geld.

Van Maandag af mag nóg kantore, winkels en fabrieke op die vlak 3-inperking weer begin sake doen.

Dit sal na verwagting tot ’n skerp toename in die vraag na krag lei – en dus meer druk op die nasionale kragnetwerk plaas.

Eskom kon ook nie tydens die staat van inperking die diep onderhoud doen wat in sy kragstasies nodig is nie, onder meer weens die beperkings op reise van werkers, ook internasionale kenners, en toegang tot onderdele.

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.