Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragskepe, ander noodkrag ‘ondersoek’

Die parlement gaan ’n ondersoek doen oor die regering se noodkragprogram, waarvan die grootste deel aan die omstrede Turkse kragskipmaatskappy Karpowership toegeken is.

Karpowership se kragskepe het nog vennote bekom in sy stryd om die departement van bosbou, visserye en omgewingsake te oortuig van sy ‘beperkte’ omgewingsimpak. Foto: Karpowership

’n Program en verwysingsraamwerk vir die ondersoek sal deur die portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie opgestel word, het Zet Luzipo, voorsitter van die komitee, Dinsdag gesê.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, sal eerste in die ondersoek getuig.

Die maatskappy DNG Energy, wat in mededinging met Karpowership vir van die noodkragprogramme gebie het maar nie suksesvol was nie, sal ook genooi word om te kom getuig, het Luzipo gesê.

DNG Energy het Karpowership en die departement vroeër hof toe gesleep omdat hy meen daar was korrupsie met die toekenning van die tenders.

Omgewingsgroepe het ook beswaar gemaak teen Karpowership se drie projekte in die noodkragprogram.

Die program se mikpunt was om teen Augustus volgende jaar sowat 2 000 MW se ekstra kragopwekking vir Suid-Afrika beskikbaar te hê. Maar daar is reeds vertragings, want die datum waarop wenprojekte hul finansiering moes beklink, is vir twee maande tot einde September uitgestel.

Eskom se skeiding

Eskom adverteer intussen vir adviseurs om hom te help met sy herstrukturering en ontbondeling in drie afsonderlike eenhede.

Pres. Cyril Ramaphosa het in 2018 aangekondig Eskom sal in ’n transmissie-, kragopwekking- en verspreidingsmaatskappy verdeel. Dit sal volgens Eskom help om sy skuldlas beter te bestuur. Eskom sukkel steeds met skuld van byna R400 miljard, en belas die land al sedert 2005 met beurtkrag.

Die versoek om voorstelle van adviseurs volg op ’n vroeër kennisgewing van Eskom wat adviseurs soek om hom te help met die finansiering van die sluit en aanpas van ’n aantal van sy steenkoolkragstasies. Dit is om die kragstasies in aanlegte te omskep wat aardgas of hernieubare energie gebruik.

Meer oor:  Karpowership  |  Krag  |  Kragskepe  |  Elektrisiteit  |  Noodkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.