Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragskepe tref nóg ’n struikelblok

Suid-Afrika se planne om noodkrag vanaf kragskepe te bekom, word deur nog ’n struikelblok in die gesig gestaar nadat Karpowership se omgewingsgoedkeuringsproses vir een van drie projekte wat hy in Suid-Afrika beplan, opgeskort is.

’n Kragskip van die Turkse maatskappy Karpowership, wat as voorkeurbieër gekies is in die regering se noodkragtender. Foto: Karpowership

Die goedkeuring van sy projek in Saldanhabaai, aan die weskus van Suid-Afrika, is gestaak sodat die bewerings wat Green Connection, ’n omgewingsorganisasie sonder winsbejag, in ’n klag maak, ondersoek kan word, het Karpowership Saterdag in antwoord op ’n navraag gesê.

Dit is onduidelik wanneer die goedkeuringsproses hervat sal word.

Die departement van omgewingsake het die klag op 31 Mei ontvang. Green Connection beweer onderwatergeraas wat verband hou met ’n aanleg wat Karpowership beplan om in die baai aan te lê, sal seelewe en visvangery ontwrig.

Die kennisgewing van die departement is die jongste struikelblok wat Karpowership in die gesig staar, wat in Maart gekies is as ’n voorkeurbieër om teen Augustus volgende jaar ongeveer 1 220 megawatt se krag te voorsien uit drie kragskepe wat aan die land se kus vasgemeer sal word.

Die toekenning is gekritiseer omdat dit die land 20 jaar lank verbind aan die gebruik van fossielbrandstowwe en ’n sake-organisasie ’n regsmening bekom het wat bevind het dat die maatskappy dalk nie toegelaat kan word om sy skepe aan die kus vas te anker nie.

’n Bieër wat verloor het in die tender het ook ’n hofgeding begin oor korrupsie. Karpowership het korrupsie ontken.

Bloomberg

Meer oor:  Karpowership  |  Kragskepe  |  Omgewingsake  |  Besoedeling  |  Kragkrisis  |  Noodkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.