Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragskok op pad as jy hier vooraf betaal

Daar heers verwarring oor ’n voorgestelde heffing van R200 per maand wat Johannesburgse voorafbetaalde kraggebruikers vanaf 1 Julie moet betaal.

Johannesburg probeer glo vir die derde keer ’n kragheffing instel. . Foto: Gallo Images

Vir ondernemings met voorafbetaalde krag, stel die metroraad ’n heffing van R400 per maand voor.

Volgens die Demokratiese Alliansie se koukusleier in die Johannesburgse metroraad, Leah Knott, is dié voorstelle by die pas afgelope raadsvergadering goedgekeur, ten spyte van die DA se teenkanting.

Dit word nou aan die publiek voorgelê vir kommentaar.

Hoewel die heffings ingesluit is by die tariewe wat op die metroraad se webblad in ’n spesifieke tariefdokument gepubliseer is, verskyn dit nie in die gepubliseerde konsepbegroting nie.

City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, het aan Rapport gesê die raad het planne gehad vir so ’n heffing, maar het toe daarteen besluit.

Volgens Knott was dit egter ingesluit in die konsepbegroting wat voor die raad gedien het en die raad se goedkeuring het regskrag, ongeag wat City Power sê.

Die tariewe wat uiteindelik deur die raad aanvaar word, is ook nog onderworpe aan goedkeuring deur die energiereguleerder Nersa.

Volgens dokumente wat voor die raad gedien het, is die heffing daarop gemik om die koste van die bedryf en instandhouding van die verspreidingsnetwerk te verhaal.

Dit is die derde keer dat die metroraad dié heffing probeer instel. Amptenare het vantevore gesê voorafbetaalde kraggebruikers betaal minder as dié wat konvensionele meters het en die heffing is nodig om die twee gebruikersgroepe in pas te bring.

Verlede jaar en in 2019 het die raad egter kleinkoppie getrek en die heffing laat vaar ná hewige teenkanting deur verbruikers.

Meer oor:  Eskom  |  Johannesburg  |  Kragtariewe  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.