Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragstasies oorstroom, fase 4-beurtkrag ingestel
Eskom sukkel om die ligte aan te hou.

Eskom waarsku Maandagoggend dat van sy kragstasies besig is om te oorstroom weens die onophoudelike reën in die noorde van die land.

Dit lei tot verdere probleme met kragopwekking.

Hoewel Eskom reeds Sondagaand bevestig het dat fase 2-beurtkrag heeldag Maandag gaan geld, het hy gewaarsku beurtkrag kan skielik tot fase 3, 4 of selfs hoër eskaleer sou “die situasie vererger”.

Hy moes toe wel noodgedwonge Maandagoggend fase 2-beurtkrag tot fase 4 aanpas wat tot 23:00 gaan geld. 

Waar daar Sondagaand omstreeks 19:00 12 000 MW se opwekkingsvermoë buite werking was weens onbeplande instandhouding, het Eskom teen 06:00 Maandagoggend nóg 465 MW se opwekkingsvermoë verloor. Hy kan hoogstens 10 500 MW se opwekkingskapasiteit verloor; enigiets meer noodsaak dat beurtkrag ingestel word om die kragnetwerk te beskerm.

Eskom moes Vrydag ook skielik fase 2-beurtkrag tot fase 4 aanpas toe sy verlies aan opwekkingsvermoë 13 000 MW oorskry het.

Hy was Maandagoggend weer na aan dié drempel. Sy netwerk van dieselkragopwekkers en bykomende elektrisiteit wat by sy pompopgaarskemas en oopsiklus-gasturbines opgewek word, het egter gehelp om fase 4-beurtkrag te vermy, maar net tydelik.

Eskom waarsku ook dat beurtkrag waarskynlik heelweek gaan voortduur, deels as gevolg van die voortgesette nat weer wat die hantering van sy steenkoolvoorraad bemoeilik, maar ook weens “onbeplande” onderbrekings by verskeie van sy kragstasies.

Intussen het Eskom pas weer aansoek gedoen by die nasionale energiereguleerder (Nersa) om nóg R27 miljard in verhoogde kragtariewe in te samel.

In sy aansoek sê Eskom hy het minder krag verkoop in 2018-’19 as wat voorspel is en moet daarvoor vergoed word.

Rapport het Sondag berig die land het in die afgelope boekjaar al vir 418,5 uur beurtkrag gehad en Eskom het nagenoeg R762 miljoen daardeur verloor.

Dit kos Eskom nagenoeg R750 000 per uur in diesel om sy dieselkragopwekkers te gebruik.

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.