Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Krisis dreig: Eskom se IT-verskaffer trek sneller

Oracle het amptelik sy noodsaaklike IT-dienste aan Eskom gestaak as deel van ’n twis oor betaling. Dit laat die gevaarligte werklik vir Suid-Afrika flikker van ’n algehele landwye kragonderbreking.

An electricity pylon stands beyond an Eskom sign a
Oracle het sy IT-dienste aan Eskom gestaak. Foto: Getty Images

Eskom waarsku in hofstukke dat Oracle se dienste aan die nutsmaatskappy so sentraal is tot sy bedrywighede dat hy nie kan verseker dat hy daarsonder die ligte kan aanhou nie.

“Amper die hele Suid-Afrika kan in donkerte verval en tot stilstand kom, wat potensieel die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid van die hele of gedeeltes van die bevolking sal bedreig,” het Eskom twee weke gelede in die hof gewaarsku.

Oracle is ’n Amerikaanse maatskappy.

LEES OOK: Eskom: ‘Totale ineenstorting’ van netwerk dreig

Nou het D-dag gearriveer.

Oracle se dienste en produkte is nie meer beskikbaar aan Eskom nie, en alles hang nou af van Eskom se vermoë om stelsels in te stel wat in die tussentyd sy bedrywighede aan die gang kan hou.

Eskom dui aan dat hy nou om verlof tot appèl aansoek gedoen het nadat hy die saak verloor het om ’n interdik te bekom teen Oracle se opskorting van sy dienste.

Oracle beweer Eskom het sy dienste en produkte “oorbenut” en skuld hom miljarde rande meer as wat ooreengekom is in ’n vyfjaar-meesterooreenkoms wat in 2017 onderteken is.

Eskom betwis dié posisie. Hy sê hy het hoegenaamd nie Oracle se produkte en dienste oorbenut nie, hy het net volgens die ooreenkoms gebruik gemaak daarvan.

Oracle voer aan dat Eskom hom R400 miljoen skuld vir die oorbenutting van sy produkte en dienste. Dié bedrag is verminder van ’n aanvanklike R7,3 miljard.

Eskom is net bereid om R166 miljoen op te dok.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, sê Vrydag aan Netwerk24 bloot dat Eskom, “soos voorheen gekommunikeer”, risiko-versagtende stelsels ingestel het.

Hy kan nie waarborg dat dit die ligte sal aanhou nie.

Maar in sy beëdigde verklaring van slegs twee weke gelede het die nutsdiens nog gewaarsku van “katastrofiese gevolge” indien Oracle sy dienste sou staak.

Eskom maak staat op Oracle vir alles van die opwekking en verspreiding van krag tot sy betaalstelsel.

Eskom verduidelik in sy beëdigde verklaring dat kernbedryfsprosesse afhanklik is van die Oracle-stelsels.

Meer oor:  Eskom  |  Oracle  |  It  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.