Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Krisis! En ons had g’n plan – Eskom aan parlement

Dit is dringend noodsaaklik dat ’n energieplan vir Suid-Afrika ontwikkel word omdat die volgende paar jaar ernstige probleme vir Eskom en die energiebedryf gaan meebring.

Jabu Mabuza, voorsitter en waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het so gesê toe hy Woensdagoggend in die parlement bekend gemaak het dat die kragverskaffer in die 2018-’19-boekjaar ’n verlies van R21 miljard ná belasting gelei het.

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom. Foto: Elvira Wood

Dit is tien keer groter as in die vorige boekjaar toe die netto verlies net meer as R2 miljard was.

Mabuza het voor die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings oor Eskom se jaarverslag verslag gedoen.

“Ons regrukstrategie om die maatskappy te stabiliseer, op te breek en te laat groei vir finansiële en bedryfstabiliteit bly dringend.”

Mabuza het gesê die regering se reddingsboei op kort termyn onderstreep die kommer oor Eskom se likiditeit, terwyl dit finansiële druk op die maatskappy verlig het.

“Daar is ook bemoedigende vordering om (goeie) bestuur te bevorder en om finansiële wanbestuur, misdadigheid en wanadministrasie uit te roei.”

“Die negepunt-herstelplan vir opwekking het in die winter ook positiewe resultate by Eskom se aanlegte opgelewer, met geen beurtkrag wat sedert 24 Maart ingestel is nie,” het Mabuza gese.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Jabu Mabuza  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.