Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kry sonkrag vir minder as jou kragrekening per maand
Huiseienaars kan nou sonkrag aanskaf en die koste by hul bestaande huisverband voeg. Foto: Unsplash

Huiseienaars met ’n verband by Nedbank het nou die opsie om sonkragstelsels te laat installeer en die koste by hul bestaande huisverband te voeg.

Dié bank het pas ’n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïese Vereniging (Sapvia) gesluit en bied nou dié opsie aan huiseienaars mits hulle van ’n geakkrediteerde installeerder op Sapvia se lys van PV Green Card-houers gebruik maak.

Die PV Green Card-program is Sapvia se gehaltebeheerprogram en is slegs vir installeerders wat van die beste beskikbare tegnologie gebruik maak en aan al die vereiste standaarde voldoen wat betref die installering van sonkragstelsels.

Nedbank-kliënte met ’n bestaande huisverband kan nou aansoek doen dat die koste van die installasie by hul bestaande huislening gevoeg word.

Volgens Joanne Isaacs, kommunikasiehoof van Nedbank, sal dit kliënte se maandelikse premie beïnvloed, maar in die meeste gevalle met minder as wat hulle in ieder geval per maand aan elektrisiteit bestee.

Die basiese opsies vir sonkragstelsels is:

  • ’n Netwerkgekoppelde stelsel met terugvoer-tariewe: Dis ’n stelsel sonder batterye. Jy gebruik jou eie krag, maar as jy te min het, koop jy van die munisipaliteit, en as jy te veel het, verkoop jy dit aan die munisipaliteit.
  • ’n Netwerkgekoppelde hibriede stelsel: As jy te veel krag het, kan jy batterye laat laai of dit aan die munisipaliteit terugverkoop. As beurtkrag toeslaan, kan jy dan krag van die batterye kry.
  • ’n Netwerkgekoppelde stelsel met kragblok: Jy gebruik jou eie sonkrag, en as jy te min het koop jy van die munisipaliteit, maar as jy te veel het, kan jy dit nie terugvoer na die munisipale netwerk nie.
  • ’n Alleenstaande stelsel: Dis ’n heeltemal onafhanklike stelsel met batterye. Jy is glad nie gekoppel aan ’n eksterne kragnetwerk nie. Jy gebruik jou eie sonkrag, oortollige krag laai die batterye waaruit jy krag kry as jy te min het. Alleenstaande stelsels moet ook by die munisipaliteit geregistreer word, maar vereis nie die volledige goedkeuringsproses nie.

LEES OOK: Wat jy moet weet oor eie kragopwekking

Kliënte kan aanlyn, by ’n tak of deur ’n geakkrediteerde installeerder om finansiering vir enige van dié stelsels aansoek doen, sê Isaacs.

Die koste word dan van die kliënt se bestaande huisverband verhaal.

Sapvia het voorheen ’n soortgelyke ooreenkoms met Standard Bank aangegaan waarvolgens dié bank ook steun bied aan ondernemings en veral boerderye wat sonkragstelsels wil laat installeer deur ’n installeerder wat deel van Sapvia se PV Green Card-program is.

Meer oor:  Nedbank  |  Sapvia  |  Sonkrag  |  Huisverband  |  Kragopwekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.