Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kusile begin krag opwek
Eskom se Kusile-kragstasie in aanbou.

Die Kusile-kragstasie se eerste eenheid het Woensdag om 10:00 begin krag aan die nasionale netwerk lewer.

Eskom sê in ’n verklaring dié kragstasie wat naby eMalahleni, Mpumalanga, gebou word sal vir die volgende 50 jaar kan krag lewer.

Die eerste eenheid sal 800 MW krag by die netwerk voeg en dit “verder help stabiliseer”.

Die eenheid is volgens Eskom voor die geskeduleerde datum van Julie 2018 voltooi.

Johnny Dladla, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, sê die lesse wat Eskom in die verlede geleer het, het hom in staat gestel om dié eenheid vroeër in bedryf te stel.

Kusile sal uiteindelik uit ses eenhede bestaan wat altesame 4 800 MW krag aan die netwerk sal lewer. Dit sal die vierde grootste steenkoolkragstasie in die wêreld wees.

Eskom beplan om die stasie in 2022 te voltooi.

Te veel krag

Eskom het onlangs gesê hy het soveel krag hy skakel tot 14 eenhede van sy ouer steenkoolkragstasies oor naweke af.

Eskom gaan die Hendrina-, Grootvlei- en Komati-kragstasie oor die volgende drie tot vier jaar tydelik sluit om die oorskotkrag te beperk en kragopwekkingskoste optimaal te bestuur.

Eskom sê een manier hoe hy van die oorskot ontslae kan raak, is om elektrisiteit na buurlande uit te voer.

Hy mik om sy uitvoer teen 2022 met meer as 400% te verhoog.

Meer oor:  Eskom  |  Johnny Dladla  |  Kusile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.