Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kusile se 3de eenheid nou ten volle in bedryf

Die helfte van die Kusile-megasteenkoolkragstasie in Mpumalanga is nou in werking nadat die derde van ses eenhede Woensdag in kommersiële bedryf gestel is.

Eskom se Kusile-steenkoolkragstasie naby Emalahleni in Mpumalanga. Foto: Verskaf

Eskom sê Woensdag dat dit ’n enorme mylpaal vir dié beleërde megaprojek is.

Ná amper 14 jaar werk die helfte van die kragstasie nou ten volle.

Kommersiële bedryf beteken die eenheid het nou alle tegniese, statutêre, veiligheids- en wetlike vereistes nagekom.

Die totale opwekkingsvermoë van die drie werkende eenhede is nou 2 400 megawatt (MW), of sowat 5% van Eskom se totale opwekkingsvermoë.

Elke eenheid wek 800 MW op en die ander drie wat nog nie voltooi is nie, sal glo teen 2024 volledig krag opwek.

Eskom sê dat van die ander drie onvoltooide eenhede by Kusile wel al bydra tot die nasionale kragnetwerk, maar net stuk-stuk.

Konstruksie is wel nou darem halfpad klaar by die projek.

Eskom se opwekkingseenheid het die derde eenheid nou amptelik by die kontrakteurs oorgeneem.

“Dit is ’n belangrike mylpaal vir Eskom en die werknemers wat betrokke is by die projek om hierdie eenheid kommersieel te laat werk. Hulle werk hard daaraan om te verseker dat Eskom sy belofte nakom om stabiliteit in die kragstelsel te bewerkstellig,” het Bheki Nxumalo, Eskom se groepbestuurder vir kapitaalprojekte, gesê.

“Eskom is trots op sy span by Kusile wat hierdie derde eenheid met uiterste toewyding gelewer het en onder moeilike omstandighede gewerk het tydens die tydperke van beurtkrag en die Covid-19-inperkings.”

Eskom het reeds in April 2019 Kusile se eenheid 3 met die nasionale kragnetwerk gesinchroniseer, maar dit het tot nou geneem om die toetse en vereistes na te kom om dit ten volle te laat krag opwek.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Kusile  |  Steenkoolkragstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.