Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
KYK: Brent-ruolie nou duurste in 4 jaar

Die prys van Brent-ruolie het Maandag in Londen vir die eerste keer in vier jaar tot bo $80 per vat gestyg.

Midde-Oosterse produsente gaan nie hul produksie verhoog weens die sanksies teen Iran wat in November van krag word nie. Foto: Bloomberg

Die prys het ’n hoogtepunt van net onder $80,87 per vat gehaal, ’n styging van 2,7% vir die dag.

Dié styging is slegte nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste, wat reeds naels kou oor ’n verwagte styging van meer as R1 per liter in die petrolprys vir Oktober.

Die slegte nuus gaan ook nie in Oktober stop nie. JP Morgan voorspel nou dat die olieprys binne maande $90 gaan haal en Mercuria Energy voorspel dat dit “vroeg in 2019” $100 gaan haal.

Lees ook: Petrolprys: Wie gaan die hardste huil?

Brent-ruolie is die ruolie waarvan Suid-Afrikaanse petrol ook gemaak word.

Die olieprys styg skerp te midde van bespiegeling of die lidlande van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) hul produksie gaan verhoog wanneer sanksies op Iran se olie-uitvoer middel November van krag word.

Khalid al-Falih, Saoedi-Arabië se minister van energie, het reeds gesê die wêreld se grootse olieprodusent gaan nie sy produksie verhoog nie, berig Bloomberg.

Volgens CNBC het ’n vergadering tussen Opul-ministers en ministers van Opul se bondgenote in Algiers die naweek geen aankondiging oor produksieteikens opgelewer nie.

Die produsente steur hulle min aan pres. Donald Trump van die VSA se twiets wat eis vir hoër produksie en laer pryse omdat die VSA hul veiligheid verseker.

Meer oor:  Olieprys  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brent-Ruolie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.