Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
OORSIG: Beurtkragkrisis 'kom al 10 jaar aan' - Eskom

  • Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, hou Donderdagmiddag 'n mediakonferensie om die publiek in te lig oor die stand van sake by die kragverskaffer.
  • Suid-Afrika gaan reeds vir bykans 'n week elke dag gebuk onder beurtkrag, glo weens ernstige tekorte aan voorraad by Eskom se steenkoolkragstasies. 
06 Des. 15:56:25

Gordhan sê hulle het "baie ure" bestee om die huidige krisis te assesseer, maar sê ook die krisis is al 'n dekade in aantog. 

"Dit het begin toe die regering destyds besluit het om nie nuwe kragstasies te bou nie.

"Daar is 'n reeks eerlike kwessies wat ons moet aanpak. Ons moet 'n beter diens aan die land lewer en burgers die versekering gee dat Eskom se direksie, bestuur en werksmag die regte ding doen."

06 Des. 15:50:36

Eskom sê hy sal ondersoek instel na die lewensduur van bestaande kragstasies en daarvolgens bepaal hoeveel steenkool hy nog in die toekoms gaan benodig.

Studies wys Suid-Afrika het nog genoeg steenkool, maar daar mag dalk binnekort 'n tekort wees aan die spesifieke tipe steenkool wat kragstasies benodig.

"Die nodige belegging in mynwese om steenkool te myn word ook nie gedoen nie," sê Mabuza. 

06 Des. 15:48:02

Eskom erken hy het te min steenkool in voorraad by kragstasies, maar sê dat Suid-Afrika nog genoeg ongemynde steenkool het. 

"Maar die hoeveelheid ongemynde steenkool is besig om vinnig af te neem."

06 Des. 15:43:32

Vraetyd staan nou einde se kant toe. Een van die joernaliste loof Gordhan dat hy vandag die situasie by Eskom as 'n "krisis" verklaar het. 

"Ek hoop dit beteken die kragverskaffer sal nou ernstig daaroor wees om dinge reg te ruk."

Daar word ook vrae gevra oor wie die forensiese ondersoek na Eskom gaan behartig, veral onafhanklike energieproduseerders wat na bewering R34 miljard van Eskom ontvang het. 

Eskom se bestuur sê dat 'n spesiale ondersoekeenheid besig is om "elke Eskom-projek" te ondersoek, insluitende klagtes van diefstal by die staatsinstelling.

06 Des. 15:35:15

Gordhan val 'n joernalis van Reuters in die rede wat wil weet oor Eskom se planne met sy skuld. "Gee ons asseblief tyd," sê hy, en weier om meer oor die onderwerp uit te wei.

"Ons kan nie oor skuld praat as ons planne daaroor nog nie afgehandel is nie."

06 Des. 15:32:14

Mabuza: "Soos die minister gesê het, die raad en uitvoerende bestuur het idees oor hoe Eskom gered kan word. Ons beweer nie ons het monopolie oor idees nie.

"Ons praat hier van wat die beste manier is hoe ons Eskom kan bestuur.

"Die wettige skeiding van opwekking en transmissie sal ook baie lank neem. Dit is van die dinge wat ons aan dink. Wat ons ook vir hulle sê, is dat ons resultate die afgelope week uitgereik is."

Mabuza sê Eskom het plaaslik en internasionaal om lenings gaan smous. "Ons het ook ons planne aan hulle verduidelik oor wat ons as Eskom kan doen om ons koste te beperk en om meer inkomste te genereer."

06 Des. 15:25:31

Jabu Mabuza en Pravin Gordhan tydens Donderdag se nuuskonferensie. Foto: Felix Dlangamandla

06 Des. 15:24:38

Daar is geen plan om Eskom te privatiseer nie, sê Gordhan. 

Die kragreus maak nou planne om geld in die hande te kry van "mense met geld" wat bereid is om aan Eskom 'n lening toe te staan.

"Maar ons kan nie net geld leen nie," sê Gordhan. "Wie gaan dit terugbetaal?" 

Boonop is Eskom se kredietgradering baie laag, wat beteken dat die rente wat hy op lenings betaal baie hoër is. 

06 Des. 15:18:40

Eskom en sy raad sal die toekoms van personeel met die betrokke vakbonde bespreek, sê Gordhan. 

Volgens hom bestee Eskom heeltemal te veel geld per maand wat hy nie uit verkope terug kry nie. "Die kostestruktuur kan nie regverdig word nie."

"Waar moet die geld vandaan kom?" vra Gordhan. "As Eskom R1 000 per maand in inkomste genereer maar R1 500 bestee, waar moet die ekstra R500 vandaan kom?" vra hy.

Gordhan sê daar moet eintlik daaroor gedebatteer word. 

"Die laaste ding wat ons wil hê is die vlak van afleggings soos voorheen."

06 Des. 15:15:56

"Ons is in 'n noodsituasie. Ons in 'n krisistoestand."

Gordhan sê Eskom loop wel onnodig deur onder fopnuus. 

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.