Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
OORSIG: Beurtkragkrisis 'kom al 10 jaar aan' - Eskom

  • Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, hou Donderdagmiddag 'n mediakonferensie om die publiek in te lig oor die stand van sake by die kragverskaffer.
  • Suid-Afrika gaan reeds vir bykans 'n week elke dag gebuk onder beurtkrag, glo weens ernstige tekorte aan voorraad by Eskom se steenkoolkragstasies. 
06 Des. 15:14:30

Gordhan sê daar is "probleme" met wie verantwoordelik gehou moet word met wat by Eskom se kragstasies gebeur. Volgens hom gaan daar in die nuwe jaar forensiese ondersoeke gedoen word om uit te vind wie die ware sondebok is, of was.

06 Des. 15:11:08

Mabuza gee die versekering dat beurtkrag nie veroorsaak word deur Eskom wat nie sy krediteure betyds betaal nie. 

"Ons betaal betyds," sê hy. 

06 Des. 15:08:48

Ons is weer terug. Met klank. Maar Gordhan is duidelik nie beïndruk met die tegniese probleme nie. 

06 Des. 15:04:37

Nie net sukkel Eskom om die ligte aan te hou nie, die nuuskonferensie het nou ook nie meer klank nie. 

06 Des. 15:01:54

Dis nou vraetyd. 

06 Des. 14:59:26

Jabu Mabuza is nou aan die woord. Hy maak die punt dat die probleme by Eskom nie deur die kragreus alleen veroorsaak is nie, maar deur "alle Suid-Afrikaners, sy regering en sy mense".

"Die probleme is ook nie nuut nie," sê hy.

06 Des. 14:57:21

"Ons werk hard daaraan om te verseker dat dit nie 'n donker Kersfees gaan wees nie," sê Gordhan. 

"Ons het reeds noodplanne in werking gestel en die goeie mense by Eskom wil die versekering gee dat ons die situasie gaan stabiliseer.

"Dit beteken egter nie dat ons al die probleme opgelos het nie."

06 Des. 14:55:14

Gordhan bevestig ook dat personeel by Eskom besnoei en geskuif gaan word, "maar hopelik om goeie redes".

"Om staatsinstellings soos Eskom 'skoon te maak' gaan nie almal te vrede stel nie. Maar ons sê wel dat vorige bestuurders van Eskom hul hande daarvan moet afhou en ophou daaroor twiet."

06 Des. 14:53:09

Eskom verwag dat die aanvraag na elektrisiteit ltussen 15 Desember en 15 Januarie laer sal wees omdat meeste nywerhede sluit vir die vakansie.  

Volgens Gordhan is beurtkrag nie net 'n irritasie vir burgers nie, maar laat ook die ekonomie inkrimp. 

"Die groei die afgelope kwartaal van 2,2% kan nie deur Eskom ontwrig word nie," sê hy. 

Gordhan sê ook Eskom staan nou net bekend as die staatsinstelling wat 'n kontrak aan die Guptas se Tegeta-maatskappy gegee het. 

Dit plaas nou druk op die kragreus om voldoende voorraad steenkool te vind, omdat nuwe kontrakte veel langer neem om af te handel.

Daar is ook 'n tekort aan diesel aangesien Eskom nog soek na 'n voldoende verskaffer teen 'n bekostigbare prys. 

In 2012 het Eskom R1 miljard per maand bestee om die ligte aan te hou.

06 Des. 14:48:48

Eskom se bestuur sal ook self kragstasies oor die naweek besoek om teen Maandag terugvoer te gee oor wat onmiddellik gedoen kan word om die stelsel te verbeter. 

"Ons moet ook kyk na vlakke van vaardigheid op grondvlak by die kragstasies," sê Gordhan. 

"Ons soek nie volgende week weer fase 2-beurtkrag nie."

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.