Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
KYK: Prius met effektiewer sonpanele getoets

Die motorvervaardiger Toyota wil sy Prius-sedan selfs nóg omgewingsvriendeliker maak.

Die maatskappy sê in ’n verklaring hy gaan kragte saamsnoer met Nedo en Sharp om batterye wat met behulp van sonkrag gelaai word in dié motor te toets.

Die Toyota Prius wat met behulp van sonpanele aangedryf word.Foto: Toyota
Die Prius met sonpanele op sy enjinkap en dak.Foto: Toyota

Dit beteken die Prius sal letterlik sonpanele op sy enjinkap, luikrug én dak kry.

Toyota het reeds een Prius gebou met dié panele en gaan dit nou in sy toetssentrum in Tokio, Japan, toets.

“Die toetsmotor gebruik ’n stelsel wat die battery laai terwyl dit ry én wanneer dit geparkeer is,” sê die maatskappy in die verklaring.

Toyota sê die toetsmotor kan sowat 860 W krag met behulp van die sonpanele opwek.

Voorheen kon die Prius se battery net gelaai word wanneer dit geparkeer is.

Meer oor:  Toyota  |  Sonkrag  |  Prius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.