Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
KYK: Sasol-werkers ontwrig verkeer in Secunda
07 September 2018

Lede van die vakbond Solidariteit het reeds vroegdag met hul staking by Sasol se aanleg in Secunda begin.

Die werkers, wat reeds sedert Maandag op ’n sloerstaking is, gaan volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, glad nie werk nie, maar voor die hekke van die Secunda-aanleg bymekaarkom.

Lede van Solidariteit staak uit protes teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema wat volgens die vakbond eksklusief vir swart mense is en wit mense en buitelanders uitsluit.

Lede van die vakbond Solidariteit staak voor Sasol se aanleg in Secunda.
Lede van die vakbond Solidariteit in stap die strate van Secunda as deel van hul protes teen Sasol se bemagtigingskema.
Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, stap saam met ander lede van die vakbond, in 'n optog by Sasol se aanleg in Secunda.

“Ons het hierdie staking baie goed beplan,” het Hermann voorheen gesê.

Die staking vind plaas in die tydperk wanneer Sasol jaarliks noodsaaklike instandhoudingswerk by sy aanlegte moet doen.

Lede van Solidariteit het Woensdag ’n memorandum aan Sasol se bestuur oorhandig waarin hulle hul ontevredenheid met die skema uiteensit.

Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, sê in ’n verklaring die petrochemiese reus het die memorandum ontvang.

“ ’n Paar honderd lede (van Solidariteit) het voor ons bedrywighede in Sasolburg vergader. Daar was geen onderbrekings by ons werksaamhede nie,” sê hy.

Meer oor:  Solidariteit  |  Sasol  |  Dirk Hermann  |  Secunda  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.