Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
KYK: Substasie in Kempton Park in vlamme

’n Substasie in Kempton Park het Sondagoggend in vlamme uitgebars wat tot kragonderbrekings in Isando, Spartan se nywerheidsgebied, asook die middedorp van Kempton Park en rondom die lughawe gelei het.

Volgens Eskom is noodpersoneel op die toneel om die vlamme te probeer blus.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, eweneens ook nie wanneer die kragtoevoer weer herstel sal wees nie.

Volgens die Ekurhuleni-munisipaliteit is dele van Aston Manor en Bonaeropark ook tans sonder krag. Vlugte by die O.R. Tambo-lughawe blyk egter nie deur die kragonderbreking geraak te wees nie.

Die munisipaliteit het ’n video op Twitter geplaas wat die substasie in ligte laaie wys.

Meer oor:  Eskom  |  Substasie  |  Kragonderbrekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.