Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Laat boere beurtkrag uitstryk’

As Nersa sy huis in orde kon kry om onafhanklike kragprojek-aansoeke te kry, kon fase 1-beurtkrag vermy gewees het.

Só sê Agri SA oor die hope aansoeke van veral boere om hul eie krag op te wek wat steeds nie deur die energiereguleerder verwerk is nie.

Rapport het vroeër berig die oponthoud is dat Nersa eers wou konsulteer oor wat ’n gepaste registrasietarief sou wees vir dié projekte.

Die registrasiebedrag is nou uitgeklaar, maar Nersa het steeds nie die administratiewe proses gereed om dit af te handel nie. Dit is nou meer as ’n jaar sedert Nersa die registrasies gestaak het om eers ’n administratiewe proses daarvoor te ontwikkel.

Volgens Agri SA is daar aansoeke vir altesaam 1 400 MW se sonkragaanlegte wat lê en wag omdat Eskom en Nersa voete sleep.

Dit is gemik op stelsels vir eie gebruik wat aan die Eskom-netwerk gekoppel word. Dit is veral boere wat kan voordeel trek uit sulke projekte aangesien Eskom hulle toelaat om krag wat hulle opwek met sonkragaanlegte in die netwerk in te stoot, en hul kragrekeninge dienooreenkomstig krediteer.

Dit word dan afgetrek van die Eskomkrag wat hulle aankoop en kan op die ou end die boer se hele energiekoste ongedaan maak. Hy betaal dan net die vaste koste op sy Eskom-rekening.

Volgens Agri SA is daar aansoeke vir altesaam 1 400 MW se sonkragaanlegte wat lê en wag omdat Eskom en Nersa voete sleep. Dit, sê dr. Requier Wait, die hoof van Agri SA se ekonomiese en handelsentrum, is genoeg om fase 1-beurtkrag te voorkom.

Wait sê tans is net 13 sulke aanlegte aan die netwerk gekoppel.

“Die landboubedryf kan selfs die 1 400 MW se potensiële projekte verdubbel as banke hul ingesteldheid sal verander en sonkragaanlegte as sekuriteit sal aanvaar vir lenings.”

Ig du Plessis, direkteur van die konsultantegroep Sonfin, sê Nersa het nog nie die registrasievorms beskikbaar nie en finaliseer nog die administratiewe proses.

Intussen betaal boere soos dr. Tokka van den Hever, wat met tafeldruiwe en rosyntjies by Kakamas boer, rente op die 500 kWp- en 200 kWp-aanlegte wat hy teen ’n gesamentlike koste van R20 miljoen laat oprig het, sonder om die voordeel daarvan te geniet.

Die projekte is al meer as ’n jaar lank gereed om aan die Eskom-netwerk gekoppel te word, maar Eskom sal dit net doen wanneer dit by Nersa geregistreer is – iets wat nog net in teorie moontlik is.

Eskom het aan Rapport gesê daar is tans sowat 200 soortgelyke projekte in verskillende stadiums van afhandeling. Sodra al die Eskom-goedkeurings verkry is, is die laaste stap voor koppeling aan die netwerk registrasie by Nersa.

Volgens Eskom sal dit makliker wees om die regulasies wat op die stelsels van toepassing is toe te pas as Nersa sy registrasieproses finaliseer.

Meer oor:  Nersa  |  Eskom  |  Beurtkrag  |  Boere  |  Krag  |  Sonkrag  |  Windkrag  |  Groenkrag  |  Ipp  |  Landbou  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.