Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Lae aanvraag maak kans op beurtkrag skraal

Dit is onwaarskynlik dat beurtkrag nodig sal wees te midde van die nasionale staat van inperking omdat die aanvraag na krag laag sal wees in die lig daarvan dat talle nywerhede afgeskakel sal wees.

Die produksie van steenkool sal wel oor die volgende drie weke voortgaan ten einde te verseker dat Eskom genoeg steenkool vir kragopwekking het.

Dié produksie sal net op ’n kleiner skaal plaasvind, sê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. Daar sal verseker word dat brandstof ook deurentyd gelewer word aan kritieke en noodsaaklike dienste. Die regering verwag ook nie dat petrolstasies sal leegloop nie aangesien die aanvraag te midde van die inperking ook laag gaan wees.

Die regering oorweeg dus nog die ure wat die petrolstasies bedryf gaan word te midde van die inperking. Dit sal afhang van die aanvraag, het Mantashe gesê.

'n Lae aanvraag maak kanse op beurtkrag skraal.Foto: Unsplash

Netwerk24 het vroeër Woensdag berig Eskom het bevestig dat hy gemiddeld 50 dae se steenkoolvoorraad by elk van sy kragstasies het. Eskom sê dit is meer as die 20 dae se voorraad wat hy volgens beleid verplig is om te hê.

Mantashe het Woensdagmiddag op ’n mediakonferensie in Pretoria oor die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie gesê mynoperasies landwyd sal betekenisvol ingeperk word. Daar sal wel voortgegaan word om ondersteuningsdienste aan die myne te lewer. Veral diep ondergrondse myne wat baie arbeidsintensief is, sal drasties afgeskaal word.

Hoewel die aanvraag na byvoorbeeld krag oor die volgende drie weke sal afneem, is sekere energieverskaffing steeds nodig. Die produksie en verspreiding van petroleumprodukte, insluitende brandstof, paraffien en vloeibare gas is van die noodsaaklike dienste wat sal voortgaan.

“Dit is van kritieke belang in dié tyd,” sê Mantashe.

“Die invoer van petroleumprodukte uit die buiteland sal afgeskaal word omdat daar tans genoeg voorraad in die land is.”

Volgens Mantashe sal die totale sluiting van die mynbedryf nie volhoubaar wees nie.

Dit kan die verskaffing van minerale en energie en die ekonomie in die geheel skade berokken. Ons het besluit om ’n risikogegronde benadering in die bedryf te volg, sê hy.

Dit kan die verskaffing van minerale en energie en die ekonomie in die geheel skade berokken. Ons het besluit om ’n risikogegronde benadering in die bedryf te volg.

“Daar is aanlegte wat nie afgeskakel kan word nie omdat dit te duur en tegnies te moeilik is om dit te doen. Daardie aanlegte sal gehelp word om voort te gaan.”

Daarom sal daar toegelaat word dat die goud-, mangaan- en ander sektore op kleiner skaal voortgaan sodat smeltaanlegte, wat nie afgeskakel kan word nie, in bedryf bly.

Mantashe sê hulle was in gesprek met belanghebbendes in die bedryf om ’n plan te konsolideer teen die uitwerking van die virus en die inperking wat die president aangekondig het.

“Ons was in gesprek met die Minerale Raad, die petroleumvereniging, vakbonde en ander belanghebbendes. Dié sektor ondersteun die president se verklaring van nasionale inperking ten volle. Daar is ’n lys van bedrywe wat móét oopbly dié drie weke.”

Die minister sê in gevalle waar myne water aan omliggende gebiede lewer, sal hulle toegelaat word om daarmee voort te gaan.

“Die doel met die afskaling van mynbedrywighede is eerstens om menselewens te beskerm. Ek wil dit benadruk dat beperkte ekonomiese aktiwiteite ondersteun sal word.”

Die Minerale Raad het hom volgens Mantashe daartoe verbind om die nodige te doen om byvoorbeeld beddens of kwarantyngeriewe aan mynwerkers beskikbaar te stel.

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.