Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Ligte bly aan dié week, sê Eskom

Beurtkrag sal waarskynlik nie Maandag toegepas word nie, het Eskom Sondagaand in ’n verklaring gesê.

“Ten spyte van ’n kwesbare kragstelsel word geen beurtkrag Maandag verwag nie en die waarskynlikheid van beurtkrag vir die res van die week is klein,” lui die verklaring.

Eskom sê die situasie ten opsigte van kraglewering lyk beter vanweë verskeie eenhede wat weer krag opwek ná beplande en onbeplande instandhoudingswerk.

“Dieselreserwes vir gasturbines word aangevul.

“Herstelwerk aan die vervoerband by die Medupi-kragstasie vorder ook goed. Die volle vermoë van dié stasie behoort teen die einde van die week bereik te word.”

Eskom waarsku egter dat die kragstelsel steeds onder druk is.

“Terwyl alles moontlik gedoen word om beurtkrag te voorkom, kan dit steeds op kort kennisgewing toegepas word.”

Verbruikers word gevra om elektrisiteit steeds spaarsamig te gebruik. Warmwatertenks en onnodige ligte moet afgeskakel word.

“Omdat ons ’n hittegolf in sommige dele van die land ervaar, vra ons dat lugversorgers op 23 °C gestel word.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.