Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Ligte bly Dinsdag aan, sê Eskom
Die ligte bly Dinsdag aan. Foto: Unsplash

Eskom sê hy verwag nie dat beurtkrag Dinsdag gaan nodig wees nie, maar voeg by dat die situasie kort vooraf kan verander.

Maandag was die agtste agtereenvolgende dag wat Eskom nie beurtkrag ingestel het nie.

Teen Maandagmiddag was 11 174 MW se opwekkingsvermoë verlore weens foute by sy verskillende opwekkingseenhede.

’n Bykomende 3 846 MW was verlore weens beplande instandhoudingswerk.

Die mankolieke kragnetwerk bly “onder druk” en “kwesbaar”, sê Eskom in sy gebruiklike daaglikse verklaring.

Hoewel Eskom dit nie pertinent noem nie, is die vraag na elektrisiteit in die laaste paar dae waarskynlik laer as normaalweg weens die Covid-19-virussiekte wat die land tans in ’n wurggreep het.

Talle ondernemings is gesluit met werkers wat van die huis af werk. Winkelsentrums, restaurante en ander saamkomplekke is heelwat leër as gewoonlik.

Eskom het Sondag aangekondig hy verwag dat hy heelweek aan die vraag na elektrisiteit sal kan voldoen, tensy daar iets drasties gebeur en hy ’n groot hoeveelheid opwekkingsvermoë eensklaps kwyt is.

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.