Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
LP’s wil Eskom ‘aanneem’ tot krisis oor is
Mkhuleko Hlengwa, IVP-lid en voorsitter van Skoor, Donderdag by Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor. Foto: William Horne

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) wil Eskom “aanneem”.

“Dis ooglopend dat korrupsie hier plaasvind,” het Mkhuleko Hlengwa, IVP-lid en voorsitter van Skoor, Donderdag by Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Johannesburg, gesê. Dit was nadat Skoor-lede Dinsdag en Woensdag ’n oorsigbesoek gebring het aan Medupi en Kusile, Eskom se twee nuwe steenkoolkragstasies.

“Ons is hier om Eskom te hou aan sy eie beloftes. Ons sal nie enige verdere koste-oorskrydings verdra nie.

“Nou gaan ons vasstel wat die pasiënt se dood veroorsaak het, met die oog om dit uiteindelik weer lewe te kan gee,” sê Hlengwa.

Hy verduidelik dat dit duidelik is dat die twee megaprojekte van die begin af ’n “afgejaagde affêre” was. “Dié projekte is basies opgestel om te misluk.”

Nou word die projek bestuur op ’n manier wat “na aan ’n pay-as-you-go-model vir regstellings” is.

“Volgens ons is niks hiervan aanvaarbaar nie,” sê Hlengwa.

Hy wys daarop dat Skoor wel nie ’n kitsoplossing gaan wees in die proses om die teleurstelling wat Medupi en Kusile vir Eskom is, te kan regruk nie.

Skoor se fokus sal op die finansies bly, maar hy verbind hom nou daartoe om Eskom sy topprioriteit te maak en te hou totdat die krisis verby is.

Ander owerhede en komitees sal nou saamwerk om alle ander vraagstukke rakende Eskom te begin takel, sê Hlengwa.

Skoor sê dat hy nie net met Eskom self vergader nie. Sy soeklig skyn nou ver, en gelde wat onreëlmatig bestee is en kontrakteurs wat bedrog gepleeg het, moet verantwoordbaar gehou word met die oog daarop om geld vir Eskom te verhaal.

“Die fiskus sal nié verder hierdeur leeggetap word nie.”

Volgens Skoor het Eskom in sy jongste resultate, benewens ’n verlies van R2,3 miljard én skuld van naastenby R450 miljard, R19,6 miljard se onreëlmatige besteding aangeteken.

“Ons sal nie rus nie. Hierdie korrupsie sal uitgewis word,” sê Hlengwa.

Skoor sal sy voorlopige verslag en bevindinge binnekort aan die parlement voorlê. Maar totdat Eskom se finansies nie meer onreëlmatighede bevat nie, sal Skoor hom as sy “aangenome kind” styf vashou.

Meer oor:  Eskom  |  Mkhuleko Hlengwa  |  Medupi  |  Kusile  |  Elektrisiteitsverskaffer  |  Kragstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.