Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Maak PetroSA ‘nasionale oliefirma’, vra vakbond

Al sukkel PetroSA so met sy wanbestuur, geld- en gastekort, behoort die regering wetgewing in te stel om PetroSA amptelik as die nasionale oliemaatskappy met wetlike beskerming aan te wys.

Dit is die versoek van die chemiesewerkersvakbond Ceppwawu aan die parlement se portefeuljekomitee oor minerale en energie.

’n Gedeelte van PetroSA se gas-tot-brandstofaanleg in Mosselbaai. Foto: PetroSA

Ceppwawu-beamptes het Dinsdag in die parlement aangevoer dat Suid-Afrika soos Maleisië en Noorweë statutêre nasionale oliemaatskappye moet hê wat namens en tot voordeel van die landsburgers Suid-Afrika se olie- en gasbronne te ontwikkel.

Die gebrek aan ’n toegewyde nasionale oliemaatskappy lei tot ’n gebrek aan koördinering om seker te maak dat Suid-Afrika genoeg brandstof het, sê die vakbond.

PetroSA is wel ’n staatsbeheerde oliemaatskappy, maar sonder ’n wet wat spesiale status gee. Dis tans ’n filiaal van die Sentrale Energiefonds.

Kevin Mileham, DA-lid van die komitee, het in reaksie gesê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het juis Dinsdag elders gesê dat PetroSA “wanfunksioneel” is. Om PetroSA in beheer te plaas van Suid-Afrika se olie- en gasbronne is soos om ’n massamoordenaar as hoof van die polisie aan te stel, het Mileham gesê.

Om PetroSA in beheer te plaas van Suid-Afrika se olie- en gasbronne is soos om ’n massamoordenaar as hoof van die polisie aan te stel.
Kevin Mileham van die DA

ANC-lede het Ceppwawu egter lof toegeswaai vir die voorstel dat PetroSA deur wetgewing tot die status van nasionale oliemaatskappy verhef word. Volgens hulle moet PetroSA se probleme bloot opgelos word.

Die ANC- en EFF-lede het Ceppwawu se verslag oor die olie- en gasbedryf verwelkom en gesê dit is goed nagevors. Maar in die verslag word beweer dat Suid-Afrika oor miljarde vate bewese oliereserwes aan die Weskus beskik wat ontgin moet word.

Hoewel die diepsee aan die Weskus heelwat eksplorasiepotensiaal vir olie en gas het, is geen olie-ontdekkings nog aangekondig nie. Die mees onlangse ontdekking was vir aardgas deur die Franse oliereus Total aan die Suid-Kaapse kus.

Ceppwawu is intussen gekant teen enige stappe om die petroleumbedryf ’n beskermde diens te maak, want dit sal werkers se reg om te staak aantas.

Meer oor:  Petrosa  |  Energie  |  Mynbou  |  Staatsondernemings  |  Ceppwawu  |  Olie  |  Petrol  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.