Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Mabuza: Dís hoekom De Ruyter Eskom se nuwe baas is
Eskom verwag om aanstaande jaar 'n groot verlies te ly.

Daar is net een rede hoekom André de Ruyter aangewys is as uitvoerende hoof van Eskom: Hy is die regte persoon vir die pos.

So sê Jabu Mabuza, Eskom-voorsitter wat ook tans as uitvoerende hoof waarneem. De Ruyter (51), tans nog uitvoerende hoof van Nampak, neem die leisels op 15 Januarie by Eskom oor.

Mabuza het Donderdag met die bekendmaking van Eskom se resultate vir die halfjaar tot einde September verduidelik hoe die aanstellingsproses verloop het.

“Ons het meer as 142 aansoeke ontvang. Hieronder was van skoolverlaters tot mense ouer as 75 jaar en almal tussenin,” sê Mabuza.

Van die ses kandidate wat uiteindelik die kortlys gehaal het, was vier wit mense en twee swart mense. Van die wit mense was twee Suid-Afrikaanse burgers. Een van die swart mense was ’n Suid-Afrikaanse burger.

Mabuza sê ook daar was geen ooreenkoms tussen die ses kandidate op Eskom se kortlys en kortlyste waaroor die media bespiegel het nie.

“Die sogenaamde verrassing was dat geen lys uitgelek is nie. Mense het hul eie lys opgestel en was verbaas toe ons nie hul lys gebruik het nie.”

Mabuza sê daar is besluit om De Ruyter aan te stel aangesien hy die beste kandidaat was.

“Ons is dankbaar dat die aandeelhouer net soos ons besluit het dat André die beste Suid-Afrikaner is om die werk te doen. André het nie net steun nodig van almal nie, hy het ook ruimte en tyd nodig om Eskom deur veranderinge te lei.”

Oor die kritiek teen De Ruyter dat Nampak se aandeelprys beduidend onder sy leierskap gedaal het, sê Mabuza “die aandeelprys is nie die enigste aanduiding of ’n maatskappy suksesvol is of nie”.

LEES OOK: Nampak ly verlies van byna R400 m.

Nampak se aandeelprys het net die afgelope jaar met meer as 52% gedaal.

Mabuza het nie gesê wat Eskom De Ruyter gaan betaal nie, maar wel dat hy minder gaan verdien as die gemiddelde salaris van die laaste drie uitvoerende hoofde.

Meer oor:  Nampak  |  Eskom  |  André De Ruyter  |  Jabu Mabuza  |  Staatsondernemings  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.