Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Mboweni: Ramos word wel oorweeg vir Eskom

Tito Mboweni, minister van finansies, het erken Maria Ramos (60), tot onlangs nog uitvoerende hoof van Absa, word oorweeg vir die nuwe pos van herskikkingshoof (CRO) van Eskom.

Maria Ramos het vanjaar net ná haar 60ste verjaarsdag by Absa afgetree, nadat sy tien jaar uitvoerende hoof van die bankgroep was. Foto: Getty Images

Mboweni het selfs Maandag op Twitter ’n skakel na die SAUK-berig gedeel waarin hy bevestig dat Ramos onder diegene is wat vir die pos oorweeg word.

Sunday Times het Sondag berig Ramos, wat voorheen die direkteur-generaal van die tesourie was, word oorweeg vir die pos en dat sy die gunstelingkandidaat is.

Mboweni het wel aan die SAUK gesê “niemand” is al in die pos aangestel nie.

Lees sy twiet hier.

Ramos was 10 jaar die uitvoerende hoof van Absa. Voor dit was sy die uitvoerende hoof van Transnet.

Volgens Mboweni is die prosesse onderweg om ’n herskikkingshoof aan te stel. – Fin24

Waar kom die pos van CRO vandaan?

Mboweni het vanjaar die pos aan die publiek bekendgestel in sy begrotingstoespraak toe hy daarna verwys het dat Eskom in drie afsonderlike maatskappye verdeel gaan word.

Hy het verwys na die ekstra geld wat vir Eskom bewillig word in die komende drie jaar (R23 miljard per jaar) om hom finansieel te ondersteun terwyl daar uitvoering aan dié plan gegee word.

“Die fiskale ondersteuning is onderhewig aan die aanstelling van ’n onafhanklike herorganiseringshoof (CRO) wat gesamentlik deur die minister van finansies en openbare ondernemings aangestel gaan word.”

Die pos van ’n CRO is bekend in die sakesektor, maar verwys normaalweg na ’n herstruktureringshoof.

Wikipedia omskryf dit as ’n senior amptenaar van ’n maatskappy wat breë magte het om alle aspekte van ’n maatskappy se geldsake te heronderhandel om ’n dreigende bankrotskap te hanteer of om ’n maatskappy te herstruktureer ná ’n aansoek om bankrotskap.

In die begrotingstoespraak van 20 Februarie in ’n spesiale aanhangsel oor die “fiskale ondersteuning vir die hervorming van die elektrisiteitsmark” is weer na die CRO verwys.

“Gegewe die omvang van die taak sal baie besonderhede oor Eskom se omkeer en herstrukturering in die komende maande gefinaliseer word. Die eerste stap is om ’n hoof van herorganisering aan te stel, wat saam met die direksie en bestuur sal werk om die aanbevelings van die taakspan oor Eskom se volhoubaarheid toe te pas.”

Mboweni het terselfdertyd in sy begrotingstoespraak gesê die reëls vir staatswaarborge wat gegee word vir staatsondernemings om geld te leen moet strenger gemaak word. “As ’n staatsonderneming aansoek doen om ’n staatswaarborg vir bedryfsdoeleindes, sal dit nodig wees om ’n CRO aan te stel met die instemming van die nasionale tesourie en die houers van hul skuldbriewe. Die CRO sal ’n volledige bedryfs- en finansiële oorsig oor die onderneming doen.”

“Wanneer banke staatshulp benodig, word ’n kurator aangestel. Wanneer provinsiale en munisipale geldsake in ’n gemors is, kan die regering die administrasie oorneem. Dieselfde reëls moet geld vir alle staatsondernemings.”

Mboweni het toe ook gesê die regering oorweeg dit om waarborge vir bedryfsdoeleindes te stop.

Meer oor:  Eskom  |  Tesourie  |  Tito Mboweni  |  Maria Ramos  |  Herstrukturering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.