Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Medupi is klaar: R122 miljard en 14 jaar later

R122 miljard en 14 jaar later. Dit is hoeveel dit gekos en hoe lank dit geneem het vir Eskom om die Medupi-steenkoolkragstasie naby Lephalale in Limpopo te voltooi.

“Hierdie mylpaal is die einde van alle bouaktiwiteite van die 4,764 MW-projek wat in Mei 2007 begin het. Die beplande lewensduur van die kragstasie is 50 jaar,” sê Eskom Maandagoggend in ’n verklaring. 

Die projek het oor die jare gesloer weens wanbestuur, korrupsie en bedrog.

LEES MEER: Jabu Mabuza wou Eskom skoonmaak

“Hierdie is ’n belegging wat generasies van Suid-Afrika sal dien en die ekonomie vir minstens die volgende 25 jaar aandryf,” sê Bheki Nxumalo, Eskom se groepbestuurder vir kapitaalprojekte.

Die kragverskaffer sê die laaste een van Medupi se ses kragopwekkingseenhede is in werking nadat dit aan die nodige statutêre, veiligheids- en wetlike vereistes voldoen het. Dit het ook ’n proeflopie van 30 dae ondergaan.

Luidens Eskom het die eerste van Medupi se krageenhede op 23 Augustus 2015 elektrisiteit aan die land se nasionale kragnetwerk verskaf.

Volgens Nxumalo gaan die laaste deel van die Medupi-projek sowat twee jaar neem en die finale koste gaan sowat R135 miljard beloop.

Die Medupi-kragstasie in 2015 onder konstruksie . Foto: Gallo Images


Meer oor:  Krag  |  Kragstasies  |  Elektrisiteit  |  Eskom  |  Medupi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.