Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Medupi se vervoerband weer reg
Die vervoerband by Medupi wat steenkool vervoer, is weer reg. Foto: Doug Kanter, Bloomberg

Die steenkoolvervoerband by Medupi wat verlede week onverklaarbaar beskadig is, is herstel. Dit beteken nog 700 MW krag is reeds by die nasionale netwerk gevoeg wat by dié mega-steenkoolkragstasie opgewek word.

Eskom sê Woensdag in sy verklaring oor die stand van die land se kragnetwerk verskeie ander kragopwekkingseenhede wat weens beplande instandhouding of onbeplande probleme af was, is ook weer aangeskakel.

Dit sluit in die twee eenhede van die Hendrina-kragstasie in Mpumalanga wat weens ’n transmissiefout uitgeskakel het.

Woensdag is die vierde dag in ’n ry sonder beurtkrag nadat fase 1- of fase 2-beurtkrag vier dae lank gegeld het.

Eskom sê die kragnetwerk bly egter onder druk en “kwesbaar”.

Meer oor:  Eskom  |  Medupi  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteitsverskaffer  |  Kragstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.