Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Meer as 4 000 sedert Saterdag sonder krag

Meer as 4 000 mense in Macassar naby Somerset-Wes buite Kaapstad is sedert Saterdagmiddag sonder elektrisiteit weens ’n “enorme fout” op die kragnetwerk.

Eskom het die onderbreking Saterdag bevestig en Sondagoggend gesê dat dit nog nie opgelos is nie.

Daar het verwarring geheers nadat die kragverskaffer aangedui het die onderbreking is in Somerset-Wes hoewel dit eintlik in Macassar is.

Inwoners van Somerset-Wes, sowel as ondernemings, het Sondag bevestig hulle het krag.

Volgens Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder, soek tegnici steeds na die fout in Macassar.

“Die oorsaak van die fout is nog nie bekend nie. Sodra tegnici vasgestel het waar die probleem lê, sal ons daarvan ingelig word,” sê Phasiwe. “Daar is ook nog geen aanduiding van wanneer die fout reggestel sal word nie.”

Sers. Beaulah Embley van die Macassar-polisiekantoor het bevestig dat die krag al sedert Saterdag af is. Sy sê as dit nie vir kragopwekkers was nie, was die polisiekantoor nie in bedryf nie.

“Die kragopwekkers hou darem die ligte aan, maar die rekenaars gaan dan en wan af,” sê sy.

Meer oor:  Eskom  |  Macassar  |  Kragonderbreking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.