Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
‘Moenie Eskom as politieke speelbal misbruik’

Suid-Afrika word deur ’n ongekende ekonomiese krisis in die gesig gestaar en pres. Cyril Ramaphosa moet die versoeking weerstaan om vals beloftes te maak wat net openbare vertroue verder sal wegkalwe.

Sipho Pityana, president van Business Unity South Africa.

Die Eskom-krisis moenie as ’n politieke speelbal, soos gesien in die aanval op Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, misbruik word nie.

Só het Sipho Pityana, president van die sakeliggaam Business Unity South Africa (Busa), Dinsdag op Busa se ekonomiese indaba in Sandton gewaarsku.

Dit kom nadat Ramaphosa die land middel-Desember belowe het dat daar geen beurtkrag tot 13 Januarie sal wees nie, waarna dit toe wel sedert vroeg Januarie tot selfs fase 2 gegeld het.

Dis nie meer genoeg dat die regering bloot die krisis in die ekonomie erken nie, het Pityana gesê. Hy moet nou dringend verreikende strukturele ekonomiese hervormings instel wat die ekonomie sal laat groei, staatskuld sal verminder en staatsbesteding sal besnoei.

Alles moontlik moet gedoen word om ’n afgradering van Suid-Afrika se skuld tot volslae rommelstatus te voorkom, het Pityana gesê.

As Suid-Afrika daarmee misluk, sal die ekonomie verder krimp, nog werkgeleenthede sal verlore gaan, en vaardighede en beleggings sal nog vinniger uit die land vloei. Dis ’n roete wat “tot elke prys” vermy moet word.

Busa het Ramaphosa twee jaar gelede al gewaarsku dat die kragkrisis die land se grootste enkele probleem is, het Pityana gesê.

Volgens hom wil Busa weet wat geword het van die aanbevelings oor die herstrukturering van Eskom wat deur die kragreus se direksie en die presidensiële tegniese taakspan gedoen is.

Busa dring aan op ’n deursigtige aanstellingsproses in die Eskom-direksie. Dit kom nadat Jabu Mabuza Vrydag as voorsitter bedank het.

Volgens Pityana is Busa ook diep besorg oor die gerugte dat die aanstelling van leiers by Eskom in die ANC se faksiegevegte verstrengel kan raak, wat niks met nasionale belange te doen het nie.

Meer oor:  Busa  |  Eskom  |  Cyril  |  Ramaphosa  |  Sipho Pityana  |  Krag  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.