Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Molefe: Afgetree of bedank?
Brian Molefe

Adv. Ntuthuzelo Varana sê die minister van openbare ondernemings, Lynn Brown, daag in hofstukke Brian Molefe se standpunt uit dat hy nie bedank het by Eskom nie, maar vroeg afgetree het.

Varana, die getuienisleier by die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings se ondersoek na staatskaping by Eskom, het Dinsdagaand beklemtoon die kwessie of Molefe bedank het of afgetree het, is die bron van ’n hofgeding.

Molefe, wat Dinsdagaand voor die komitee getuig het, het self beklemtoon dat hy nie bedank het nie. In die verklaring wat hy op 11 November 2016 uitgereik het, het hy gesê hy het in belang van goeie korporatiewe bestuur besluit om Eskom te verlaat.

Varana het daarop gewys dit impliseer ’n besluit wat hy eensydig geneem het.

Varana het gesê Molefe het in daardie brief geskryf hy wou sy naam in ere herstel. Maar in die staatskapingsverslag is daar geen spesifieke bevinding teen hom gemaak nie, en sy regsadviseurs sê daar is niks in die verslag om op hersiening te neem nie.

Varana het verwys na die mediaverklaring van Eskom in November verlede jaar waarin gesê word Molefe het besluit om vrywillig uit sy pos te tree in belang van goeie korporatiewe bestuur.

Molefe sê hy het ’n paar dae later aansoek gedoen om vroeë aftrede, en as dit afgekeur sou word, sou hy nou nog by Eskom gewerk het.

Volgens Molefe is daar drie verskillende weergawes van Brown se siening oor of hy bedank of vroeg afgetree het.

Varana het op sy beurt gesê dr. Ben Ngubane, destyds voorsitter van Eskom, het ook in daardie stadium in ’n boodskap aan die Eskom-topbestuur gesê die Eskom-direksie het “onlangs die bedanking van Molefe as hoof aangekondig”. Dit was in ’n brief om aan te kondig dat Matshela Koko as waarnemende hoof aangestel is met ingang van 1 Desember 2016.

Volgens Molefe is daar drie verskillende weergawes van Brown se siening oor of hy bedank of vroeg afgetree het.

Molefe het beklemtoon in die amptelike brief wat hy aan Ngubane geskryf het, het hy gevra vir vroeë aftrede. Molefe sê Ngubane sê in ’n latere beëdigde verklaring voor die hof dat Molefe wel vroeg afgetree het.

Varana het Molefe gepols oor sy verstaan van die Eskom-pensioenfonds se reëls, maar Molefe wou nie erken dat hy die reëls baie goed verstaan nie.

Molefe het op 1 Oktober 2015 as permanente werknemer van Eskom begin, maar teen Maart 2016 het hy die kontrak geteken wat hom ’n kontrakwerknemer gemaak het, terugwerkend na 1 Oktober 2015. Die Eskom pensioenfondsreëls bepaal dat kontrakwerkers nie lid kan wees van die pensioenfonds nie. Tog het die kontrak wat hy in Maart geteken het aangedui dat hy mag aanbly as lid van die pensioenfonds.

Molefe sê hy erken dit was ’n fout, en dat hy nie geregtig was om vroeg af te tree nie. Hy het reeds aanvaar die hele ding was ’n fout, maar sy vraag is waar dit hom laat.

* Oor bewerings van vorige direkteure van Eskom dat dokumentasie onvolledig was, het Molefe gesê hy het hard probeer om die kultuur te verander waar topbestuurslede dokumente na subkomitees of die direksie kon bring sonder enige ander soort proses waardeur dit gegaan het.

* Oor die vooruitbetaling deur Eskom aan Tegeta het Molefe verwys na die sakereddingspraktisyn Pierce Marsden se getuienis voor die komitee. Optimum steenkoolmyn was in sakeredding, maar beter voorwaardes is beding en die steenkool is aan Tegeta verkoop wat dit weer aan Eskom verkoop het.

Molefe sê hy erken dit was ’n fout, en dat hy nie geregtig was om vroeg af te tree nie. Hy het reeds aanvaar die hele ding was ’n fout, maar sy vraag is waar dit hom laat.

Molefe sê daar was ’n steenkoolmyn van Exxaro by die Arnot-kragstasie wat R1 132 per ton gekry het. Dit was ’n 40-jaar-kontrak wat in Desember 2015 verstryk het. Eskom wou dit nie hernieu nie want hy kon steenkool vir net meer as R400 per ton koop by ander myne.

Teen die tyd dat Eskom steenkool vir winter wou aankoop, het Optimum gesê hulle het die steenkool aan Tegeta verkoop op 30-dae-terme.

Volgens Molefe is steenkool toe vooruit aangekoop vir net minder as R600 miljoen. Dit was volgens hom ’n algemene gebruik om vooruit te betaal vir steenkool.

Oor die waarborg van R1,6 miljard aan Tegeta het Molefe gesê dis ’n lang storie. Dit was in Desember 2015 en hy het by die huis herstel ná ’n operasie. Molefe sê daardie waarborg is nooit gebruik nie en Eskom het nie ’n sent verloor nie. In Maart 2016 het die waarborg verstryk.

Oor die boete teen die Optimum-myn wat van R2,1 miljard tot R600 miljoen verminder is, het Molefe gesê Glencore en die sakereddingspraktisyns het geweier om in ’n arbitrasieproses te tree daaroor.

Eers toe Molefe weg is by Eskom is die boete danksy arbitrasie verlaag.

Meer oor:  Lynne Brown  |  Eskom  |  Brian Molefe  |  Bedank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.