Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Molefe betaal Solidariteit uiteindelik

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het uiteindelik die laaste geld wat hy ingevolge ’n hofbevel aan Solidariteit verskuldig is, betaal.

Brian Molefe, voormalige uitvoerende hoof van Eskom, het amptelik die laaste van sy skuld aan die vakbond Solidariteit betaal. Foto: Denzil Maregele

Nou gaan die vakbond dié geld gebruik om ander “belastingplunderaars” hok te slaan.

Molefe het verlede week ’n bedrag van R283 758,96 aan Solidariteit betaal.

Dit is ’n deel van die regskoste van sowat R708 000 wat Molefe aan Solidariteit moes betaal.

Solidariteit het Molefe hof toe gesleep om sy omstrede pensioenuitbetaling van meer as R10 miljoen aan die Eskom-pensioenfonds terug te betaal.

Die aansoek het in Januarie geslaag en Molefe is ook beveel om Solidariteit se regskoste te betaal. Molefe se poging tot appèl het uiteindelik in Augustus in die konstitusionele hof misluk.

Molefe het egter steeds versuim om die belangrikste deel van die hofbevel na te kom: die terugbetaling van die meer as R10 miljoen aan Eskom se pensioenfonds.

Solidariteit het ook Vrydag bevestiging van die Eskom-pensioenfonds gekry dat hy sal voortgaan met ’n verklarende bevel om die geld wat hy hulle skuld, te vorder, sê Solidariteit Woensdag.

Thato Motlhabi, woordvoerder van die pensioenfonds, het vroeër in September aan Netwerk24 gesê die fonds het sy prokureurs reeds op 23 Augustus – ’n dag ná Molefe se sperdatum – opdrag gegee om met “ernstige” regstappe teen Molefe te begin. Dié stappe “is aan die gang”, het Motlhabi al bevestig.

Intussen beplan Solidariteit om die geld wat hy van Molefe gekry het, saam met die geld in sy regsfonds te gebruik om sake van belastingplundery aan te vat en só roekelose mense wat belastinggeld vermors, aanspreeklik te hou,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit Regsdienste.

Meer oor:  Solidariteit  |  Eskom  |  Brian Molefe  |  Bedrog  |  Regskoste  |  Staatsondernemings  |  Pensioenfonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.