Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Molefe wil pensioengeld nie terugbetaal

Die voormalige Eskom-baas Brian Molefe het gister aansoek gedoen om verlof tot appèl teen ’n hooggeregshofbevel dat hy R11 miljoen wat hy van Eskom se pensioenfonds ontvang het, moet terugbetaal.

Die hof in Pretoria het hom verlede week tien dae tyd gegee om die geld wat hy reeds ontvang het en deel is van R30 miljoen wat hy as pensioenuitbetaling sou kry, terug te betaal.

Brian Molefe Foto: James Oatway

’n Volbank van die hof, insluitend regters Elias Matojane, Hans Fabricius en Segopotje Mphahlele, het bevind Molefe se verklaring dat hy nie bedank het nie, is vals en dat hy nooit geregtig was op die pensioengeld nie.

Molefe se prokureur, Brian Farber, het die beslissing bestempel as “ ’n ton bakstene wat neergestort het” op sy kliënt.

Solidariteit het die hooggeregshof op 29 November 2017 genader oor Molefe se omstrede pensioentoekenning van R30 miljoen, asook die bedrag wat reeds aan hom uitbetaal is.

Molefe voer aan die hof het gefouteer in sy beslissing dat hy bedank het, en dat Eskom onder eed erken het sy vertrek uit die maatskappy was deel van 'n vroeë aftree-ooreenkoms wat met Eskom beding is.

Hy sê voorts Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, se eerste verklaring dui daarop dat sy onder die indruk was dat hy nie eensydig bedank het nie.

“Die minister se poging om haar getuienis in daaropvolgende verklarings te verander, moet beskou word as opportunisties en onoortuigend.”

Ná die uitspraak het Solidariteit gesê Molefe moet ook strafregtelik aangekla word.

Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Soliariteit, het aan Fin24 gesê hul volgende stap is om Molefe strafregtelik te laat vervolg.

Meer oor:  Eskom  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.