Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Moody’s: Die begin van Eskom se einde

Suid-Afrika se veranderende elektrisiteitsmark sal vir die afsienbare toekoms van Eskom afhanklik bly, maar sy belangrikheid kan stelselmatig afneem, sê die kredietgraderingsagentskap Moody’s in ’n verslag wat Dinsdag gepubliseer is.

Suid-Afrika se groot afhanklikheid van steenkool sal mettertyd verander as die land se strategiese plan vir kragopwekking gevolg word. Die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) maak voorsiening vir ’n groter rol vir gas en hernieubare energie.

Helen Francis, senior kredietbeampte by Moody’s.

Moody’s het Eskom tans op ’n gradering van B2 met ’n negatiewe vooruitsig.

Moody’s sê die kragstelsel is onder uiterste druk en die reserwemarge – die gaping wat Eskom het tussen sy kragopwekkingsvermoë en die totale kragvraag – sal tot in die middel 2020’s onder druk bly.

“Suid-Afrika se elektrisiteitstelsel sal in die kort- tot mediumtermyn onder uiterste druk bly,” sê Helen Francis, senior kredietbeampte by Moody’s en medeskrywer van die verslag.

“Die langer-termyn verbeterings sal afhang van die evolusie van energievraag asook die tempo waarteen hernieubare energie, nuwe gas-kragopwekkingsvermoë en self-opwekking toeneem.”

Eskom se kragopwekkingsbates – wat 88% van die totale geïnstalleerde kragopwekkingsvermoë verteenwoordig – sal noodsaaklik wees om op die mediumtermyn aan die land se kragbehoeftes te voorsien, selfs in geval van ’n herstrukturering in die kragsektor.

Dit bied ’n sterk aansporing vir die regering om Eskom se baie swak finansiële posisie te help verbeter, sê Moody’s.

Meer oor:  Moody's  |  Eskom  |  Helen Francis  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Sonkrag  |  Groenkrag  |  Irp  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.