Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Moody’s maan oor Eskom-skuld

Met Eskom se onvolhoubare skuldlas was dit geen verrassing nie dat die kredietgraderingsagentskap Moody’s Woensdagoggend die kragmonopolie ook afgegradeer het.

Moody’s se Eskom-afgradering volg op sy afgradering van Suid-Afrika se staatskuld oor die naweek.

Moody’s het Eskom se langtermyn-gradering, asook sy nulkoepon-euro-effekte, van B3 na Caa1 verlaag, en Eskom se senior ongesekureerde internasionale mediumtermyn-skuldbriewe van Caa1 tot Caa2.

Dit alles beteken bloot Eskom sal hoër rente moet betaal as eweknieë met beter graderings as hy geld op die kapitaalmarkte wil leen omdat hy as ’n groter risiko beskou word.

Dit beteken ook internasionale beleggersfondse en banke kan hul neuse optrek om hoegenaamd in Eskom-effekte te belê as hul beleggingsmandate insluit dat hulle net in instellings met ’n sekere gradering mag belê.

Moody’s se Eskom-afgradering volg op sy afgradering van Suid-Afrika se staatskuld oor die naweek.

Hoewel Eskom gesteun word deur staatswaarborge en hoewel dit lyk of Eskom verbind bly tot tydige skuldterugbetalings, sal enige herstrukturering van sy skuld ingewikkeld en uitgerek wees, het Moody’s gewaarsku in sy verduideliking vir die afgradering.

Dit kom teen die agtergrond van Eskom se kontantvloei wat versleg en redelik groot lenings wat betaalbaar word.

Moody’s wys op die groei in Eskom se skuldlas oor die boekjaar tot einde Maart, ondanks die regering se reddingsboeie. Dit kom weens swak bedryfsprestasie, kragtariewe wat nie kostedoeltreffend weerspieël nie, ’n hoë kostebasis, asook Eskom se ál groter wordende stryd om agterstallige skuld van veral munisipaliteite in te vorder.

Moody’s waarsku Eskom se prestasie sal vanjaar verder verswak weens die impak van die Covid-19-pandemie, wat hom nog meer van die staat se reddingsboeie afhanklik maak.

Die agentskap meen hoër kragtariewe kan Eskom se verdienste wel op mediumtermyn ondersteun, maar dit sal nie genoeg wees om dit op ’n volhoubare grondslag te plaas nie.

Moody’s het sy vooruitsig vir Eskom op negatief behou. Hy verwag nie dat Eskom se gradering op kort termyn sal verbeter nie, en die vooruitsig kan na stabiel opgeskuif word as Eskom wys hy kan lenings vind sonder te duur leningskoste, en as hy vorder met sy omdraaiplan. Eskom sal ook ’n oplossing vir sy skuldlas van meer as R480 miljard moet vind.

Eskom kan verder afgegradeer word as hy nie sy kontantvloei kan verbeter nie, en as dit lyk of sy skuldherstrukturering tot groter verliese vir krediteure sal lei as wat deur die huidige gradering geïmpliseer word, sê Moody’s.

Meer oor:  Moody's  |  Eskom  |  Afgradering  |  Kredietgradering  |  Elektrisiteit  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Staatskuld  |  Krag  |  Rommelstatus  |  Kredietgradeerders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.