Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Moontlik nog ’n week van beurtkrag lê voor
Eskom
Beurtkrag duur dalk nog heel week. Foto: Pixabay

Fase 2-beurtkrag sal moontlik vir minstens die volgende week ingestel word, het Eskom Saterdagaand in ’n verklaring aangekondig.

Beurtkrag sal Saterdagaand om 22:00 gestaak word, maar hervat weer om 08:00 Sondagoggend.

Eskom sê dit is nodig om beurtkrag Sondag voort te sit om seker te maak hul bou nood-reserwekrag op vir die komende week.

Weens die koue weerstoestande het die kragverbruik oor die naweek geweldig toe geneem.

Luidens die verklaring is opwekkingseenhede by die Arnot-, Duvha- en Kendal-kragstasie weer in diens gestel, wat 1 565 megawatt tot die kragnetwerk bygevoeg het.

Daar is steeds ’n vertraging in die herstel van opwekkingseenhede by die Tutuka-, Kriel- en Hendrina-kragstasie.

Eskom vra dat die publiek krag spaarsamig moet gebruik. “Die publiek se samewerking sal Eskom help om vinniger te herstel.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.