Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Moontlike probleme met vooruitbetaalde krag verwag
Suid-Afrikaners wat hul vooruitbetaalde elektrisiteit by spazawinkels, snoepwinkels of ander onafhanklike handelaars koop, gaan dalk van 1 Desember af probleme ervaar.

Suid-Afrikaners wat hul vooruitbetaalde elektrisiteit by spazawinkels, snoepwinkels of ander onafhanklike handelaars koop, gaan dalk van 1 Desember af probleme ervaar.

Eskom het Vrydag aangekondig hy het nuwe diensverskaffers aangestel om die koop en verkoop van koopbewyse vir elektrisiteit te hanteer.

Die skuif raak nie die koop van elektrisiteit by banke, groot supermarkte en vulstasies nie.

Die nuwe diensverskaffers neem van 1 Desember af by die bestaande diensverskaffer oor.

Dit beteken kleiner winkeltjies en veral spazawinkels in informele nedersettings kan dalk ’n onderbreking sien in die lewering van koopbewyse aan inwoners.

Eskom sê daar is voorsiening gemaak dat die oorgang “naatloos” sal wees, maar waarsku kragverbruikers dat sommige handelaars onderbrekings kan ervaar.

Enige “probleme” sal spoedig aangepak word en die handelaars behoort kort voor lank weer elektrisiteit te kan verkoop, sê die kragvoorsiener.

Om kragonderbrekings te vermy raai Eskom inwoners aan om op of voor 30 November genoeg elektrisiteit aan te skaf.

Aanlyn kragverkope op banke se apps en ander platforms word nie deur die oorgang geraak nie.

Meer oor:  Eskom  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.