Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Munisipaliteite mag nou self krag opwek
Munisipaliteite sal nie meer net afhanklik van Eskom wees vir hul kragverskaffing nie. Foto: Getty Images

Munisipaliteite sal voortaan toegelaat word om hul eie krag op te wek eerder as om slegs elektrisiteit vanaf Eskom aan te koop.

Dié stap volg op ’n jarelange twis tussen die departement van energie en die Kaapstad-metro.

’n Regter het vroeër vanjaar gelas verdere onderhandelinge moet tussen die metro en die minister van energie plaasvind nadat die metro die regering gedagvaar het omdat hy nie toegelaat is om met sy planne vir eie kragopwekking voort te gaan nie.

Ingevolge nuwe regulasies wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, mag munisipaliteite nou hul eie krag opwek, maar moet hulle steeds toestemming daarvoor van die nasionale regering verkry.

Die regulasie is wel ietwat vaag gestel en dis onduidelik of dit die opwek van elektrisiteit sowel as die aankoop van elektrisiteit van onafhanklike kragverskaffers toelaat.

Net munisipaliteite wie se geldsake in orde is, sal toestemming kry om hul eie elektrisiteit op te wek.

Afgesien van Kaapstad is die Ekurhuleni-metro ook gretig om sy eie krag op te wek.

Die metro beplan om uiteindelik 680 MW in elektrisiteit danksy ’n verskeidenheid van hernubare bronne op te wek, berig Business Insider.

Kaapstad het reeds planne uiteengesit om elektrisiteit onder meer met sonkrag op te wek. Eskom produseer die meeste van sy elektrisiteit danksy steenkool.

Munisipaliteite is gretig om van Eskom afstand te doen omdat die staatsonderneming in die laaste paar jaar so sukkel om aan die nasionale vraag na krag te voldoen.

Leila Mahomed-Weideman, direkteur van volhoubare energie van die metro, kon nie vir kommentaar bereik word nie. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Munisipaliteite  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.