Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Necsa ‘het nie geld vir salarisse, betalings aan Eskom’
Necsa se Pelindaba-aanleg.Foto: Argief

Die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) het nie genoeg geld om in Januarie salarisse te betaal nie. Hy het ook nie geld om Eskom, een van sy krediteure, te betaal nie.

Netwerk24 het Woensdag dele van ’n brief onder oë gehad wat die direksie van Necsa glo op 9 Januarie aan Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, gestuur het.

Luidens dié brief het Necsa op 3 Januarie vanjaar net R9 015 719 se kontantreserwes gehad.

“Necsa het betalingsverpligtinge van altesaam R25 768 538 wat verskuldig is tussen 3 Januarie en 7 Januarie, wat ’n kontanttekort van R16 752 819 laat,” lui die brief.

Necsa skuld ook luidens die brief R5,3 miljoen aan krediteure.

“Necsa het verdere finansiële verpligtinge ten bedrae van ongeveer R197 miljoen wat betaalbaar is tussen 7 Januarie en 31 Maart. Dit sluit in, maar is nie beperk nie, tot werknemers se salarisse, statutêre verpligtinge en krediteure soos Eskom,” lui die brief.

’n Woordvoerder van Necsa wou nie bevestig of salarisse betaal gaan word of nie.

Hy het wel bevestig dat daar Woensdag vergaderings hieroor en oor die skielike bedanking van vier van Necsa se direksielede is.

Hy het bevestig Necsa het gehoor dat vier direkteure glo bedank het, maar sê Necsa self het nog nie vroegoggend die bedankingsbriewe gehad nie.

Chris Yelland, energiekenner, het Woensdagoggend vroeg getwiet dat die direkteure bedank het.

Volgens Yelland het hulle glo bedank omdat daar geen behoorlike verhouding tussen Necsa en Mantashe is nie.

Mantashe is ook glo volgens hulle onwillig om die finansiële probleme by Necsa te help uitstryk.

Luidens TimesLive, wat die bedankingsbrief glo onder oë gehad het, het Pulane Kingston, dr. Pulane Molokwane, Matlhodi Ngwenya en Bishen Singh bedank.

Meer oor:  Necsa  |  Eskom  |  Kernkrag  |  Salarisse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.