Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Mantashe: Necsa-direksie kan loop as hulle wil
Necsa se Pelindaba-aanleg, sowat 33 km wes van Pretoria. Foto: Argief

Die direksie van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) kan loop as hulle so voel. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, sal hulle nie keer nie.

Dit was Mantashe se reaksie vroeg Woensdagoggend in 'n video op Twitter nadat dit bekend geword het dat al die direksielede, behalwe Ayanda Myoli, waarnemende uitvoerende hoof, bedank het.

Chris Yelland, energiekenner, het dié nuus Woensdagoggend eerste op Twitter bekend gemaak.

Volgens Yelland het hulle glo bedank omdat daar geen behoorlike verhouding tussen Necsa en Mantashe is nie.

Mantashe is ook glo volgens hulle onwillig om die finansiële probleme by Necsa te help uitstryk.

Dr. Kelvin Kemm, voormallige voorsitter van Necsa, het aan Netwerk24 gesê dat hy die inligting met Necsa bevestig het.

Dr. Rob Adam was voorheen die voorsitter van Necsa. Direksielede wat nou glo bedank het is Pulane Kingston, dr. Pulane Molokwane, Mathlodi Ngwenya en Bishen Singh.

Adam het reeds in Maart 2019 aan die parlement se portefeuljekomitee oor energie gesê hoewel Necsa toe ’n lopende saak was, sou dit nie die geval wees “as sake sou voortgaan” soos toe nie.

Hy het gesê Necsa is nie volhoubaar nie.

Necsa se salarisrekening was in 2018 al meer as R800 miljoen per jaar, maar die toekenning van die departement van energie is R530 miljoen.

Necsa het op maatskappyvlak in 2018 ’n verlies van R62,6 miljoen gely.

Kemm is saam met die res van die vorige direksie afgedank en Phumzile Tshelane, uitvoerende hoof, is einde 2018 geskors.

Mantashe sê  in die video as die direksielede besluit het om te bedank, dan gaan hy hulle nie keer nie.

"Ons is besig om die bestuur stap-vir-stap in staatsondernemings op te bou. As jy nie goeie bestuur het nie, is daar groot finansiële risiko's," sê hy.

Oor die direkteure se bewering dat Mantashe hulle nie ondersteun wat betref die finansiële probleme by Necsa nie, sê Mantashe: "Daar kan nie finansiële prestasie wees sonder goeie bestuur nie."

Die departement van minerale bronne en energie sê in 'n verklaring dat hulle kennis neem van die direkteure se besluit om te bedank. 

"Die direksie van Necsa word tans aangevul om te verseker dat dit behoorlik saamgestel is, en ook die nodige vaardigheidsmengsel het," lui die verklaring.

" 'n Lys met voorgestelde name vir die direksie is gefinaliseer om voorgelê te word aan die kabinet. Die departement het ten doel om 'n stabiele Necsa in die huidige boekjaar te sien."

  • Dié artikel is bygewerk met die kommentaar van Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie en die departement van minerale bronne en energie.


Meer oor:  Necsa  |  Gwede Mantashe  |  Rob Adam  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.