Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nersa kap Mashaba wat sê kragpryse styg 15,6%

Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het Woensdag kritiek uitgespreek oor Johannesburg se burgemeester Herman Mashaba wat misleidende inligting oor kragtariewe versprei het.

Melkbosstrand North of Cape Town South Africa Powe
Eskom het vroeg in April noodgeld van die regering ontvang. Munisipaliteite gaan waarskynlik hul kragtariewe vir die komende jaar met meer as 13% verhoog. Foto: Getty Images

Nersa het Mashaba se verklaring wat Dinsdag uitgereik is as misleidend beskryf.

Mashaba het in ’n verklaring gesê Nersa “beloon korrupsie by Eskom” deur munisipaliteite opdrag te gee om ’n tariefverhoging van 15,6% op te dwing.

Mashaba het gesê hy gaan aan die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie skryf om die besluit dringend te ondersoek.

Nersa het egter Woensdag gesê geen tariefverhogings is vir enige munisipaliteit vir die 2019/20-boekjaar goedgekeur nie.

“Munisipaliteite moet nog hul aansoeke aan Nersa voorlê oor die tarief wat hulle hul kliënte wil vra.”

Nersa het in Maart vir Eskom ’n tariefverhoging van 9,4% vir die huidige boekjaar; 8,1% en 5,2% vir die komende twee jaar toegestaan.

Dit was minder as waarvoor Eskom gevra het.

Ingesluit die 4,4%-verhoging wat voorheen toegelaat is, gaan die verhoging vir hierdie boekjaar 13,8% wees, maar munisipaliteite vra gewoonlik meer as dit om koste te dek.

Lees ook hier die konsultasiedokument wat Nersa uitgereik het oor munisipale verhogings. Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.