Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Fase 2-beurtkrag van 08:00, Kaapstad op fase 1
Fase 2-beurtkrag sal van 08:00 tot 22:00 Vrydag ingestel word.Foto: Unsplash

Suid-Afrikaners kan hulle maar regmaak vir nóg ’n dag van beurtkrag.

Eskom het laat Donderdagmiddag aangekondig fase 2-beurtkrag sal Vrydag van 08:00 tot 22:00 ingestel word.

Die kragreus sê in ’n verklaring hoewel hy vier van sy eenhede wel weer in bedryf kon kry, is dit nie genoeg om te keer dat hy moet voortgaan om beurtkrag in te stel nie.

Hy sê dit sal hom ook help om sy noodvoorraad van diesel en water te bewaar.

Eskom sê kragstasies wat breek het beteken dat hy 13 500 MW se opwekkingskapasiteit verloor het. Boonop is ’n verdere 5 000 MW nie beskikbaar nie weens instandhouding wat tans by sommige kragstasies gedoen word.

Eskom waarsku dat sy kragstasies steeds baie onstabiel is, en dat verdere probleme hom kan noop om die fase van beurtkrag wat ingestel word, op kort kennisgewing te verander.

Net soos Donderdag het die Stad Kaapstad op Twitter gesê hy stel slegs fase 1-beurtkrag in.

Mense wat hul krag direk by Eskom koop, kan op die volgende plekke kyk wat die beurtkragskedule is:

Mense wat hul krag by hul munisipaliteite koop, kan sosiale media volg óf op hul onderskeie webtuistes gaan kyk wanneer die krag gaan af wees.   

  • Dié berig is sedert publikasie aangepas om die nuutste inligting in te sluit.
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.