Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nóg ’n eenheid van Sasol se Lake Charles op dreef
Sasol se Lake Charles-aanleg gedurende konstruksie. Foto: Sasol

Die Guerbet-alkoholeenheid by Sasol se Lake Charles-aanleg in die VSA is op dreef.

Die petrochemiese reus sê vroeg Dinsdagoggend in ’n verklaring op Sens dat dié aanleg op 19 Junie in bedryf gestel is.

Dit beteken dat die aanleg – in die Amerikaanse deelstaat Louisiana – se eenhede wat spesialiteitschemikalieë produseer, nou 100% in bedryf is.

Wanneer daar na die hele aanleg gekyk word, is dié 86% in bedryf.

Buiten vir die Guerbet-alkoholeenheid, het Sasol ook die Ziegler-eenheid by die aanleg op 16 Junie in bedryf gestel.

Dié eenheid is die grootste van sy soort in die wêreld, en kan 173 000 ton alkohol en 32 000 ton alumina per jaar vervaardig.

Sasol sê die Ziegler-eenheid is tegnies die mees komplekse eenheid by Lake Charles.

Sasol het bevestig dat die finale koste van dié projek steeds $12,8 miljard beloop.

Hy het geen verdere besonderhede verskaf oor moontlike vennootskappe by dié aanleg nie.

Sasol het in Maart reeds gesê dat hy moontlike vennootskappe by sy bedrywighede in Amerika sal oorweeg.

Bloomberg het vroeër in Junie berig dat daar groot belangstelling is.

Volgens Bloomberg is Ineos Group, Chevron Phillips Chemical en LyondellBasell Industries onder die firmas wat tot ’n tweede bodronde gevorder het.

Die belang kan tot $2 miljard haal.

Sasol wil teen Junie 2021 $6 miljard van sy skuld terugbetaal deur die verkoop van bates, het hy vroeër vanjaar met die bekendmaking van sy halfjaarsyfers gesê.

Meer oor:  Sasol  |  Louisiana  |  Lake Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.