Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nóg ’n span aangestel om Eskom te help

Nóg ’n nuwe span is aangestel om die kragreus Eskom by te staan.

Eskom het Maandag in ’n verklaring gesê die hersieningspan van 11 lede is deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, en Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, aangestel.

Luidens die verklaring moet die span Eskom se bedryfs-, instandhouding- en tegniese omgewing “dringend, dog intensief” hersien.

Hulle moet dié taak binne vier weke afhandel.

Die lede van die taakspan is:

  • Dr. Tsakani Mthombeni (koördineerder): voorsitter van die energie-intensiewe verbruikersgroep (EIUG) en het ook op pres. Cyril Ramaphosa se volhoubaarheidtaakspan vir Eskom gedien;
  • Ian Morrison (koördineerder): afgetrede bestuurder met jare se ondervinding as ingenieur. Hy het veral kennis van die mynboubedryf;
  • Seeralan Chinaboo: elektriese ingenieur by Lonmin en dien ook as adjunkvoorsitter van die EIUG;
  • Khumo Morolo: ingenieur;
  • Gladman Mkwai: kragstasiebestuurder;
  • Robbie van Heerden: senior deskundige verantwoordelik vir energie by die WNNR;
  • Sibuyela Sishuba;
  • Prof. Walter Schmitz: verbonde aan die skool vir meganiese, nywerheid- en lugvaartkundige ingenieurswese by die Universiteit van die Witwatersrand; 
  • Vitesh Maharaj: senior vise-president van ingenieurswese by AngloGold Ashanti;
  • Lwazi Goqwana: hoof van vervaardiging en ingenieurswese by Transnet Engineering; en
  • Phindile Mooketsi.

Die taakspan sal die volgende kwessies ondersoek:

1. Kragsentrales wat nie werk nie weens beplande instandhouding;

2. Kragsentrales wat nie werk nie weens onbeplande instandhouding en foute;

3. Foute wat deur die operateur veroorsaak is en wat daartoe lei dat krag nie meer by sentrales gegenereer word nie; en

4. Tegniese en operateur-geassosieerde ondoeltreffendheid wat laer as optimale elektrisiteitsuitset van die kragsentrale-eenhede tot gevolg het.

“Die tegniese span sal aan minister Gordhan en ’n tegniese subkomitee van die Eskom-direksie verslag doen. Die span sal weer op Vrydag 8 Maart vergader om te bespreek hoe die werk gedoen gaan word. Hulle sal amptelik op 11 Maart begin om hul mandaat uit te voer,” lui die verklaring.

Die Mineraleraad van Suid-Afrika het die aanstelling van die span verwelkom.

"Dit is 'n tasbare demonstrasie van leierskap en 'n manifestasie van werklike toewyding aan die toekomstige welsyn van ons land en ons bedryf in 'n tyd wanneer Suid-Afrika dit die nodigste het," sê Roger Baxter, uitvoerende hoof van die raad Dinsdag in 'n verklaring.

Meer oor:  Eskom  |  Pravin Gor­Dhan  |  Jabu Mabuza  |  Phakamani Hadebe  |  Beurtkrag  |  Kragstasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.